Blog

Laerskool Gansbaai: Johan Smit Lokaal Amptelik Geopen

Laerskool Gansbaai: Johan Smit Lokaal Amptelik Geopen

Gans-Berg Nuus / News

Laerskool Gansbaai: Johan Smit Lokaal Amptelik Geopen

Dit was ‘n vreugdevolle oomblik toe JP Coetzer die seremoniële lint vir die amptelike opening van die Johan Smit Lokaal geknip het. Die opening van die lokaal het saamgeval met Laerskool Gansbaai (LSG) se eerste en geskiedkundige Kultuuraand op Vrydag, 21 Oktober 2022 (sien berig in hierdie uitgawe). ‘n Verskeidenheid van kuns- en tegnologie-werke is vir besigtiging in die lokaal uitgestal. Die fokuspunt was die uitstalling van die Eisteddfod se Cum laude leerders.

In sy openingsrede het Jonathan Doyle (skoolhoof) vertel dat die lokaal in die 90’s gebou is. Thys Harmse was die destydse skoolhoof en Johan Pieterse van Jo-Signs die voorsitter van die Skoolkomitee. Die lokaal is na die skoolhoof wat in die laat 80’s afgetree het, Johan Smit, vernoem. Aanvanklik is dit as ‘n verkoopslokaal tydens sportbyeenkomste gebruik en daarna as ‘n stoorplek. Nog later is dit deur LSG se Interfase kuns- en tegnologie-leerders as ‘n klaskamer gebruik.

In 2021 het die Beheerliggaam besluit om ‘n fondsinsameling te hou om die lokaal op te gradeer. Onder leiding van JP Coetzer is ‘n suksesvolle ‘Trollie-Run’ in samewerking met Gansbaai OK Foods van Chris van Rensburg aangebied. Die fondse is benut om die vensters en deur te vervang, ‘n plafon in te sit en die banke af te skuur. Alle kuns- en tegnologieprakties en NW word nou daar aangebied. Met die volgende fase word beplan om die vloer te teël en om meer kragpunte in te sit.

Suid-Afrika se Liedjieboer, Anton Goosen en sy pragtige eggenote, Estie (self ‘n onderwyser), het ook die Kunsuitstalling en Kultuuraand bygewoon. Anton was vol lof oor wat deur die leerders op kuns- en kultuurgebied vermag word. 

Na die amptelike opening is die gaste na die Klubhuis, waar ‘n glasie (sap) op die lokaal geklink is en lekker saamgekuier is. Vanaf die klubhuis het hulle na die skoolsaal beweeg vir die hoogtepunt van die aand - die aanbieding van ‘n luisterryke konsert, ‘Lighuis Drome’.

Image 1
Jonathan Doyle (skoolhoof), JP Coetzer, Devin Sauls en Alana Louw tydens die seremoniële knip van die lint.
Image 2
Jonathyan Doyle en JP Coetzer klink ‘n glasie op die Johan Smit Lokaal.
Image 3
Anton en Estie Goosen geniet die kunsuitstalling.
 
Hardus Botha
Laerskool Gansbaai: Johan Smit Lokaal Amptelik Geopen

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg Nuus / News - 3 July 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 3 July 2026 Edition

From community safety and conservation success to local achievements and exciting events...

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 19 June 2026 Edition

The latest edition of Gans-Berg News is out now!

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 12 June 2026 Edition

This week's edition features important community news...

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 2026)

This Week in Gans-Berg Nuus / News (5 June 20...

This week's edition is packed with local stories from across the Greater Gansbaai area.

Gans-Berg News - 29 May 2026

Gans-Berg News - 29 May 2026

This week’s Gans-Berg Nuus / News shares stories that matter to the community.

Gans-Berg News - 22 May 2026

Gans-Berg News - 22 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News is packed with community stories, local achievements and important updates.