Blog

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Gans-Berg Nuus / News

Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum in Blompark se Gesondheidsdienste het onlangs uitgebrei met die aanstelling van 2 gesondheids-susters, Suster Elsie Slabbert (12 September 2022) en Suster Richardene Liebenberg (4 Oktober 2022). “Ons het nou 3 susters, 2 maatskaplike werkers en ‘n hulp-maatskaplike werker, asook 27 gemeenskaps-gesondheidswerkers,” vertel Jolande Sauls, Projekbestuurder van Ikamva. “Hulle bedien Groter Gansbaai, Stanford, Pearly Beach, Buffeljachts en Baardskeerdersbos.”

Suster Gertrude Smit van die Departement van Gesondheid - Klinieke Program Koördineerder, het spesiaal kom besoek aflê. Suster Angela van der Merwe, wat ook teenwoordig was, is onlangs met ‘n sertifikaat beloon vir onbaatsugtige hulpverlening by ‘n Covid-entstasie (vaccine station) gedurende die pandemie-tydperk.

“Soos ons dankbaar is vir nuwe aanstellings, so moet ons ongelukkig ook soms afskeid neem van getroue werkers,” het Jolande gesê. Stafverpleegster Ena Geldenhuys, ‘n bekende en getroue gesondheidswerker, het besluit om na 8 jaar van getroue diens in Gansbaai en Stanford af te tree. “Ons bedank haar graag opreg vir alles wat sy oor die jare vir ons beteken het,” het Jolande gesê.

Bykomend tot Ikamva se gesondheidsdienste en maatskaplike werkers, is daar nog ander projekte soos ‘n kleuterskool en ‘n volwaardige nasorgsentrum vir laerskoolleerders. Ikamva is ‘n Xhosa-woord wat “die toekoms” beteken en dít is presies waarop daar gefokus word - die toekoms van die jeug. 

 
Hardus Botha
 
Ikamva se Gesondheidsdienste brei uit

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

In Deel 10 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

‘Doggy Fun Day’ in Hawe

Die afgelope naweek se ‘Easter Doggy Fun Day’ op Saterdag, 30 Maart 2024 oorkant die Boathouse Pub & Grill in Gansbaai Hawe.