Gansbaai Wynproegilde

Gansbaai Wynproegilde

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde

Blinde-wynproe gesellig... gepaardgaande met heelwat raaiskote.

Gansbaai Wynproegilde se byeenkoms op Dinsdagaand, 25 Oktober 2022 was ‘n besonderse sukses. “Ons Konstitusie bepaal dat ons minstens een blinde-wynproe per jaar moet aanbied,” het voorsitter Johan Pfister gesê. “Toe besluit ek vanaand is die aand vir ‘n blinde-wynproe!” Johan en sy eggenote, Riana, het die verskillende wynbottels in papier toegedraai en ook die verloop van die aand ‘fyn’ uitgewerk. Die verskeidenheid van kommentare met die proeëry om oor die spesifieke kultivars te besluit, het aanleiding tot ‘prettige’ resultate gegee.

Die verwelkomingswyn was ‘n MCC - Blanc de Blanc Brut van Darling. Die persentasies wat agter die kultivars aangebring is, dui op die beslissings van die gaste oor die wyne waarvan hulle die meeste gehou het. Die 4 witwyne, onderskeidelik van Swartland (22%), Paarl (23.70%), Robertson (37.14%) en Walkerbay (14.28%) was tot almal se verbasing al 4 Sauvignon Blanc kultivars, terwyl ‘n verskeidenheid van kultivars geraai is. Die 3 rooiwyne, onderskeidelik van Swartland (57%), Walkerbay (34%) en Robertson (5.70%). Ook hier is die meerderheid onkant gevang met Shiraz, Sira en nog ‘n Shiraz. Saam met die nagereg is ‘n spesiale en geurige Hanepoot, Rooi Muskadel van Darling, geniet.

Chris Pead met sy disse en Bruce Shambamuto, Maretha Cooper en ander kelners met hulle flink bediening, het beslis ook nie teleurgestel nie. Met Shitake & Herb Phyllo Parcel as voorgereg, Southern Fried Filled Chicken Leg en bykomstighede as hoofgereg en ‘n Caramel Layer Chocolate Coffee Mouse as nagereg, word beslis niks meer vir ‘n gesellige wynproe-aand benodig nie.

Johan en Riana het ook gereël vir geluktrekkings met wyn wat gewen is. Daarna het hy vir Clive Bailey na vore geroep om hom, as ‘n wynproeër, met ‘n bottel wyn te beloon vir sy kolhou (hole-in-one) wat hy onlangs op die gholfbaan geslaan het. ‘n Gas het gemeld dat die beskeie Johan self ook ‘n kolhou in ‘n vorige kompetisie geslaan het. Na die oorhandigings, is Oom Piet du Toit, wat kort voor die byeenkoms sy 80ste verjaarsdag gevier het, spesiaal gelukgewens.

Die lede en gaste was dit eens dat Johan en Riana ‘n groot pluimpie verdien vir die aanbieding wat hulle gereël het. Die aand is as insiggewend, gesellig, ontspanne en selfs prettig beskyf - “dankie aan ons voorsitter, Johan Pfister en sy eggenote, Riana, vir ‘n genoeglike aandjie.”

Image 1
Johan en Riana Pfister.
Image 2
Clive Bailey en Johan Pfister (Hole-in-Ones).
Image 3
Chris Pead, Bruce Shambamuto, Maretha Cooper en Johan Pfister.
 
Hardus Botha
Gansbaai Wynproegilde

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Gans-Berg News | 5 December 2025 Edition

Here’s a quick look at this week’s highlights, community updates, and important notices happening.

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 28 November 2025 Edit...

Catch up on the latest community stories from Gansbaai and surrounds!

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

Gans-Berg Nuus | 21 November 2025 - Summary

This edition is packed with local achievements, community celebrations, heartwarming stories, and important updates.

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

Gans-Berg Newspaper - 7 November 2025 Edition

This week’s Gans-Berg Nuus is filled with community pride and inspiring local stories.

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

Gans-Berg News | 31 Oct 2025 Edition

From festive season preparations and heroic fire-fighting efforts to local school triumphs...

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate en resepte

Vroue - Toeka tot nou… Werkbare boererate e...

Die tema, “Boererate en resepte van toeka tot nou”, het baie interessante resepte...