Gans-Berg News - 14 October 2026
This week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...
Eileen het skaars haar tweede verjaarsdag in die C-Siggebou gevier, of sy besluit om te verhuis as gevolg van onsekerhede rakende die gebou wat opgeduik het. Op 9 Augustus 2022 verhuis sy na die Nic Mar Sentrum in Dirkie Uysstraat, met die amptelike opening op Saterdag, 29 Oktober 2022.
“Die amptelike opening was vir my ‘n groot sukses,” vertel Eileen. “Ek het my spesialiteit, ‘n behoorlike ontbyt, teen ‘n groot afslagprys aangebied.” Dit is egter nie al nie, sy het die middag afgesonder vir ‘n gesellige bring-en-braai. Sy het egter die braaivuur, slaaie en ander bykomstighede verskaf.
Dit was een groot geselligheid en Eileen sê sy was ‘volhuis’. DJ Kenzo, ‘n nuweling in Gansbaai, het homself uitstekend as die DJ van die dag gekwyt. Dit was hierdie jongman se eerste optrede in Gansbaai. Hy vertrou om bekendheid hier te verwerf en gereeld as ‘n DJ op te tree.
Eileen se eggenoot, Matkey is ‘n gebore Gansbaaier, maar Eileen is nou sowat 5 jaar in Gansbaai. “Ek het voorheen lank by Nadien Hickman van Fynbos Coffee Shoppe by die hawe gewerk,” vertel sy. “Dit is by haar waar ek my inspirasie vandaan gekry het om op my eie te gaan.” Sy sê haar spesialiteit is ‘n behoorlike ontbyt en daarop fokus sy voluit.
Eileen’s Eet en Geniet kan in die Nic Mar Sentrum in Dirkie Uysstraat (tussen Mark- en Voortrekkerstrate) besoek word, of skakel haar gerus by 074 709 3395.


Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreThis week's edition of Gans-Berg Nuus / News features the restoration of the iconic Gansbaai sign...
This week’s Gans-Berg Nuus / News brings together stories from across Gansbaai and the surrounding communities.
Check out the latest edition of the Gans-Berg Nuus / News here.
This week’s issue brings you local news, community stories and events from across the Gansbaai and Overberg area.
This week’s issue brings you local stories from across the community, including Laerskool Gansbaai’s 120th anniversary celebrations...