Gans-Berg Nuus / News | 4 September 2026
Stay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
Eileen het skaars haar tweede verjaarsdag in die C-Siggebou gevier, of sy besluit om te verhuis as gevolg van onsekerhede rakende die gebou wat opgeduik het. Op 9 Augustus 2022 verhuis sy na die Nic Mar Sentrum in Dirkie Uysstraat, met die amptelike opening op Saterdag, 29 Oktober 2022.
“Die amptelike opening was vir my ‘n groot sukses,” vertel Eileen. “Ek het my spesialiteit, ‘n behoorlike ontbyt, teen ‘n groot afslagprys aangebied.” Dit is egter nie al nie, sy het die middag afgesonder vir ‘n gesellige bring-en-braai. Sy het egter die braaivuur, slaaie en ander bykomstighede verskaf.
Dit was een groot geselligheid en Eileen sê sy was ‘volhuis’. DJ Kenzo, ‘n nuweling in Gansbaai, het homself uitstekend as die DJ van die dag gekwyt. Dit was hierdie jongman se eerste optrede in Gansbaai. Hy vertrou om bekendheid hier te verwerf en gereeld as ‘n DJ op te tree.
Eileen se eggenoot, Matkey is ‘n gebore Gansbaaier, maar Eileen is nou sowat 5 jaar in Gansbaai. “Ek het voorheen lank by Nadien Hickman van Fynbos Coffee Shoppe by die hawe gewerk,” vertel sy. “Dit is by haar waar ek my inspirasie vandaan gekry het om op my eie te gaan.” Sy sê haar spesialiteit is ‘n behoorlike ontbyt en daarop fokus sy voluit.
Eileen’s Eet en Geniet kan in die Nic Mar Sentrum in Dirkie Uysstraat (tussen Mark- en Voortrekkerstrate) besoek word, of skakel haar gerus by 074 709 3395.


Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreStay up to date with the latest news, stories and happenings from Gansbaai and the surrounding Overberg area.
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is here!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out!
The latest edition of Gans-Berg News is out now!
The latest edition of Gans-Berg Nuus / News is out now!