R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Herberg-aan-See (HaS), Gansbaai se Tehuis vir Bejaardes, is vanjaar in hul 43ste bestaansjaar.
Hoewel dit ‘n uitdaging aan die bestuur is om finansieel die mas op te kom, weet die inwoners en personeel hoe om hul swaarkry met lekker kry klaar te kry.
Die besluit om ‘n Tehuis vir Bejaardes in Gansbaai op te rig, is op 2 Oktober 1972 geneem en die gebou is in 1973 voltooi.
Ondanks moeilike finansiële omstandighede, word die tehuis soos ‘n familie tussen bestuurslede, personeel en inwoners met meelewing en liefde bedryf.
Die vroue van die Bietoubos Damesklub het verlede week ‘n uitnodiging aan John van Rooyen, bestuurder van HaS gerig om hulle toe te spreek oor die lief en leed van HaS.
Hy het die damesklub, wat uit lede bestaan vanuit Perlemoenbaai en De Kelders, tydens hulle maandbyeenkoms, Dinsdag, 13 September 2016 in die Klein-saaltjie vertel van (HaS) se ‘swaarkry wat hulle met lekkerkry klaarkry’ (C.J. Langenhoven).
HaS vorm deel van die Badisa-groep wat tehuise vir senior burgers, kinderhuise en ook maatskaplike dienste bestuur en die administrasie daarvan behartig. In totaal lewer hulle dienste aan meer as 700,000 mense in die Wes-Kaap.
John het relevante inligting verskaf om ‘n duideliker beeld te skep van wat agter die skerms by die tehuis gedoen word.
HaS het 58 inwoners , waarvan 24 in die siekeboeg; 12 in woonstelle en 22 in kamers.
“Daar is 'n geweldige lang waglys van mense wat graag hier wil kom bly - 104 vir die woonstelle en 101 vir die kamers,” het John gesê. “Finansies bly 'n reuse uitdaging met slegs 20% van die inwoners wat self die eenheidskostes kan betaal.”
John het hulle dankbaarheid teenoor vrywilligers soos die Goue Hande en andere wat nie net help met fondsinsamelings nie, maar ook met vermaak, stimulasie en versorging, beklemtoon.
“Ook die onderskeie gemeentes van die NG-, AGS- en VGK kerke help heelhartig saam met geestelike aksies en finansies.”
Gansbaai Goue Hande stap al 21 jaar ‘n pad met die tehuis en word beskou as die nommer een steunpilaar vir HaS. Die groep verrig ‘n enorme taak ten bate van HaS op verskeie gebiede.
Elizma de Lange van die Bietoubossers sê dat hulle sterk bande met HaS smee ten einde van hulp te kan wees.
“Met Aletta Lochner aan die stuur van die Bietoubossers, is 'n pragtige tuin by die Tehuis aangelê om 'n bietjie vreugde aan die inwoners te verskaf,” het Elizma gesê.
“Tydens die komende HaS basaar (1 Oktober), sal die Bietoubossers vir die poedingtafel instaan, soos die gebruik al vir jare is, met Marie de Jager as vanjaar se organiseerder.”
Onder leiding van Aletta Lochner en begeleiding deur Chris van Zyl op sy kitaar, kon die Bietoubossers tydens hulle byeenkoms die lente op ‘n vrolike noot met samesang en gesellige saamkuier verwelkom.
Die volgende byeenkoms is Dinsdag 11 Oktober 2016 en navrae kan aan Elizma de Lange by 028-384-1963 gerig word.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.