R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
‘n Luisterryke fees van kore wat in Riviersonderend gehou is op Sondag, 25 September 2016 het toehoorders behoorlik bekoor.
Die hoogtepunt van die aand was die optrede deur die massakoor, wat uit die vyf deeelnemende kore bestaan het. Die koorleier was Helena Cloete en die begeleier Annerienne Fourie, altwee van Riviersonderend. Vyf liedere is gesing: Child in a Manger, Karoo Kerslied, Net soos die hemelkoor, U is God alleen en God bly met u. Ds Kobus Pretorius van die gasheergemeente, Riviersonderend, het die verrigtinge gelei.
Die vyf kore vanuit die NG Ring van Caledon wat vooraf opgetree het, het elk twee liedere gesing.
Hulle sang is afgewissel met gemeentesang saam met die koorlede, asook klavier- en dwarsfluitopvoerings deur Helena Cloete (klavier) en Annerienne Fourie (dwarsfluit). Die deelnemende kore was: Gansbaai (koorleier Aletta Lochner, begeleier Anneline Reinke en Trompet Jack White). Gansbaai se twee liedere was The church in the Wildwood (William S. Pitts) en Ps. 121 - Ek slaan my oë op (P. Schuck); Kleinmond (koorleier Cecile Coetzee en begeleier Charlotte Potgieter); Grabouw (koorleier Marianne Rust, sonder ‘n begeleier); Hermanus (koorleier Jeannette Strydom en begeleier Frikkie Strydom); Riviersonderend (koorleier Helena Cloete en begeleier Annerienne Fourie).
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.