R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Dit is paartyd op Dyer-eiland en die bewaringspan van die African Penquin & Seabird Sanctuary het agtergekom dat die ouers nie behoorlik na hul jong pikkewynkinders omsien nie.
Sowat sestig Afrika pikkewyntjies is verlede week aan land gebring en geniet “hotelverblyf” by die bewaringsentrum. Die Afrika pikkewyn is ‘n bedreigde spesie.
Die sentrum wat deel uitmaak van die Dyer Island Conservation Trust, is in Februarie 2015 amptelik geopen.
Dit was ‘n droom wat waar geword het vir Kleinbaai se bekende entrepreneur en bewaringslegende, Wilfred Chivell. op wie se inisiatief die sentrum ontstaan het.
Hierdie bewaringsprojek is vir Wilfred “die stem van hierdie spesie wat nie vir hulself kan praat nie”.
Die sentrum is gedurende Desember daagliks van 09:00 tot 17:00 oop vir die publiek en werklik ‘n besoek werd!
Ouma Lida kuier in pikkewynland
Haar kleinkinders het vir haar 89ste verjaardag in Mei vanjaar ‘n pikkewynhuis gekoop en na hulle ouma vernoem. Ouma Lida van Staden het eers verlede week die geleentheid gekry om te gaan kyk waaroor die bewaringsgeskenk nou eintlik gaan toe sy in Gansbaai kom kuier het. Haar besoek aan die African Penquin & Seabird Sanctuary was vir dié wyse gryse dame baie interessant, aangesien daar ‘n hele klompie jong pikkewyntjies gearriveer het wie se ouers nie na hulle omsien op Dyer-eiland nie.
Die moderne, ruim sentrum is beslis ‘n besoek werd. Neem gerus u gesin en gaan leer meer oor dié belangrike bewaringsprojek. Dit is geleë op pad vanaf Gansbaai na Kleinbaai – draai links op die Franskraalpad waar die ingang is. Daar is op die koop toe heerlike koek en koffie te koop, vanwaar jy die koddige, regop pikkewyne kan sit en dophou.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.