R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Die pragtige, skoon strande wat die Overstrand bied, word op die oomblik goed benut deur vakansiegangers wat vlug van die dolle gejaag tussen verkeer, verpligtinge en geboue.
Hier kan jy met jou hond kom stap, vir kilometers aanmekaar fietsry, jou verroeste hengelvernuf opskerp en die groot oseaan aandurf met ‘n plank, ‘n boot of paddaskoene – in kort: Dit is oase van genot!
Uilenkraalsmond is die ideale plek om jou jaar mee af te sluit. Riette Venter van Rustenburg en Monica Hayes het gaan foto’s neem.
Die twee manne wat so lekker baai in die son, is onbekend, maar Nolene Kini van Richmond vertel dat dit hulle eerste vakansie in Gansbaai is. Hulle is verlief op die plek en gaan vir twee weke tuis in ‘n vakansiehuis in Kleinbaai. Op die oomblik kyk hulle uit vir ‘n erf om te koop, want hulle wil vir die res van hul lewens hul twee weke vakansie hier kom spandeer. Die besige twee seuntjies op die voorgrond is haar seuns, Ethan en Angelo. Shaun October, ‘n familie-vriend vanuit Victoria-Wes staan links met Akhona Kili, Nolene, Zelda October en Shane October regs.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.