R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Interdorp wenners
Dit was ‘n besige week vir die lede van Gansbaai Gholfklub. Heelparty kompetisies waartydens groot pryse gewen kon word was op die spel.
Die vyftiende jaarlikse Interdorp kompetisie is Woensdag aangebied met George Hunt wat as wenner weggestap het.
Sextus Neethling was verantwoordelik vir die puik reëlings. Groot pryse was op die spel en elke deelnemende speler het met ‘n prys huiswaarts gekeer.
Kleinbaai was die algehele wenner met 35.7 punte, gevolg deur Pearly Beach 34.2, Franskraal 33.9, Gansbaai 32.3 en De Kelders 31.4.
George Hunt het met sy 46 punte hierdie Stableford-kompetisie ingepalm. Sy opvolgers was P van Schalkwyk 43, Jakkie Beukes 42, Pieter Loubser 42, Lieb Louw 41, Jacques Nell 41, Dawie Viljoen 41, Leon Hattingh 40 en ET Engelbrecht 40.
Naaste aan die penne was Frannie van der Linde op no’s 2 en 11 en Lieb Louw op no’s 8 en 17. Bev Swart het die langste sethou op no 18 behaal.
Donderdag se 4 BBB Stableford het R5 000 as eerste prys aangebied.
Die wenners van dié gesogte prys was Pieter Loubser en Melvin Tobias met 51 punte, gevolg deur J Moore en P van Schalkwyk 50, R Viljoen en Wally van Coller 50, Louis van der Vyver en Johan Grove 48, C Claassen en WJ van Rensburg 48, Daniel van der Merwe en Francois van der Merwe 47, Lieb Louw en Jakkie Beukes 47, Frikkie van Eeden en Cobus Dippenaar 47, L Laverlot en J Herling 46, C Anthonie en A Brown 46, Johan Coetzee en Jacques Nell 45, Leon Hattingh en Clive Bailey 45.
Naaste aan die penne was Peter Troost op no’s 2 en 11, F Bruwer op no’s 8 en 17 en Francois van der Merwe op no 15.
Naaste aan die penne vir twee houe op no 6 was Melvin Tobias en op no 18 wen J van Rensburg.
Die langste dryfhou op no 18 is uitgevoer deur J Philander, met T Moore en P van Schalkwyk wat die boerpotputjies ingepalm het.
Vrydag se OK Foods 9-putjie kompetisie is gewen deur Leon Lombaard met 17 punte en Frikkie van Eeden was naaste aan die pen op no 17.
Francois van der Merwe, wat die kompetisie puik georganiseer het, het ook vir uitstekende pryse gesorg.
Saterdag se kompetisie was ‘n 2-Bal Samespel Stableford en die wenners was Francois van der Merwe en Solly Wessels met 48 punte, gevolg deur Melvin Tobias en Wally van Coller 47, P van Schalkwyk en J Moore 46, M Kotze en L Hanekom 46, M Visser en Andre Roos 46, Frans Conradie en J Moore 44, Johan Coetzee en Daan Victor 44 en Charlie Bent en Richard Bentz 44.
Naaste aan die penne was Malcolm Bury op no’s 2 en 11, E Kotze op no’s 8 en 17 en M Visser op no 15.
Spog Twee’s word aan-geteken deur ET Engelbrecht 2, Francois van der Merwe 2 en M Kotze 11. Charlie Bent teken ‘n arend aan op putjie no 16.
Die maandelikse Houespel word volgende Saterdag gespeel.
Die Sloegterskompetisie vir 2017 begin Woensdag, 11 Januarie.
Johan Coetzee
082 878 0534
gbgholf@gmail.com
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.