R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...
Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
'n Groep vroue van Gansbaai het besluit om ‘n fondsinsamelingsprojek van stapel te stuur ten bate van die bewaring van ons kwynende pikkewynspesie.
Die projek gaan gepaard met wonderlike pryse wat deur 10 gelukkige vrouens gewen kan word.
Dié 10 gelukkige vroue sal in kennis gestel word ná die gelukkige trekking wat Woensdag, 2 Augustus by die African Penguin & Seabird Sanctuary (APSS) plaasvind.
‘n Week later op Vrouedag (9 Augustus) stap die groep wenners ‘n styluitdaging tegemoet.
‘n Haarstilis, grimeerkunstenaar en plaaslike modehuis span saam om behulpsaam te wees om aan elkeen van hierdie vroue ‘n nuwe voorkoms te bied.
‘n Professionele fotograaf sal die eindresultaat vasvang en elkeen van die wenners sal wegstap met haar fotoportefeulje gestoor in ‘n geheuestokkie.
Die 2 stiliste is goed bekend met die modebedryf en het ook al die jaarlikse internasionale Fashion Week bygewoon.
Die wenners kan hulle gereedmaak vir ‘n dag van herontdekking, vonkelwyn en heerlike versnapperings.
Al wat jy moet doen om ‘n bydrae tot ons pikkewynbevolking te maak en om ‘n kans te staan om die uitstekende pryse los te slaan, is om ‘n kaartjie van R100 te koop. Kaartjies kan nog tot kort voor die trekking om 11:00 by die APSS gekoop word op 2 Augustus.
Kaartjies is vooraf beskikbaar by Komtessa Modes, Hair Style Studio, APSS, The Great Whitehouse, Gansbaai Apteek en Richards Prokureurs.
Die totale opbrengs van die kaartjieverkope word geskenk aan die pikkewynsentrum (APSS).
Ons Afrika pikkewyn
Die Afrika Pikkewyn is op die rand van uitsterwing en in die laaste 15 jaar het ‘n paar entoesiastiese bewaringsgesindes aksie geneem om die voëlsoort se getalle te beskerm.
Die pikkewyngetalle is dramaties aan die kwyn en het sedert die 1920’s van 1 miljoen broeipare afgeneem na 20 000 broeipare.
Die Dyer Eiland Bewaringstrust (DICT) het ‘n moderne toevlugsoord en sentrum opgerig naby Kleinbaai waar behoorlik gekwalifiseerde versorgers rehabilitasie toepas. Dit is nie net die bedreigde pikkewynspesie wat hier gerehabiliteer word nie, maar ook verskeie seevoëls word ‘n tweede kans op lewe gebied. Beseerde of oliebesmette voëls word by die sentrum gehuisves en versorg, totdat hulle weer gereed is om in die natuur vrygelaat te word.
Om hierdie voëls te onderhou beloop ‘n allemintige bedrag geld. Die sentrum oorleef deur vrywillige bydraes en borge en moet dus voortdurend nuwe bronne soek om inkomste te genereer.
Die “Pronk vir Pikkewyne”-projek maak staat op u ondersteuning.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.
Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.
Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.
Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...
Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.
Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.