R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

Gansbaai Courant

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

Een so 'n padgebruiker, Deon Oliver het aan Gansbaai Courant gesê: "My versamelmotor se spieel is morsaf". Deon 'n inwoner van Perlemoenbaai is baie hartseer oor die skade aan sy antieke 1975 Datsun 1200. In sy geval het 'n aankomende vragmotor 'n klip opgeskiet wat die spieel getref en dit morsaf gebreek het. So 'n spieel is natuurlik nie mak­lik bekombaar nie.

Sy seun, Llewellyn, deesdae 'n predikant op Uiten­hage, was sowat 'n jaar gelede op pad terug Lesotho toe, waar hy by 'n kinderhuis betrokke was, toe 'n opslaanklip die motor se voorruit flenters geslaan het. Dit het op min of meer dieselfde plek gebeur as waar sy pa se motor beskadig is. Hy het die skade by die eerste STOP/RY punt aangemeld en verderaan ook een van die trokdrywers laat stilhou om te wys wat gebeur het. Hy moes by sy bestemming uitkom en aangesien sy buitelandse versekering nie die skade gedek het nie, was hy genoodsaak om sonder 'n voorruit tot in Maputo te ry. Na oproepe en korres­ pondensie het die kontrakteursfirma, BopCons Umla­ zi Joint Venture UV) hom verwittig dat hulle geen verantwoordelikheid vir die skade neem nie.

Almari Laubscher, die eienaar van 'n Mercedes Benz SLK, was vanaf De Kelders op pad dorp toe, toe sy vir 'n aankomende voertuig moes uitswaai. "Die pad is baie nou en die kant van die pad het my wiel gegryp" en dit oor klippe en bourommel laat beland. Die verkoeler is beskadig en die buffer moet vervang word. Die skade beloop meer as R49 000. Haar motor moes opgelaai word en staan tans in die Kaap vir reparasiewerk. Sy het 'n saak by die polisie aanhangig gemaak.

Die eienaar van TMS Bauers, Manny de Bruyn se Ford Mustang-band is op die rand van die pad gesny. Dit is teen R7000 vervang. 'n lnsleepmaatskappy wat die pad byna daagliks gebruik, moes reeds vier windskerms vervang weens opskietklippe deur verbygaande voertuie. Volgens 'n woordvoerder by die maatskappy vind die meeste ongelukke in die nag plaas. Die hoofoorsaak daarvan is meestal spoedoortredings en alkoholmisbruik. 

Volgens 'n woordvoerder van BopCons Umzali JV is die padwydte van 3m tot 3.1m honderd present wet­ tig en is daar 'n goeie rede waarom die spoedgrens op 60km/u bepaal is. Spoedradars is aangebring om motoriste bewus te maak daarvan wanneer hulle die spoedgrens oortree.

Spoedlesings van 200km/u is al op die skerms in hul kantoor gelees. Die meerderheid van motoriste handhaaf nie die spoedgrens nie en veroorsaak naelbytoomblikke op die roete. Teen 60km/u en handhawing van wetlike afstande tussen voertuie, behoort opskietklippe normaalweg nie skade aan te rig nie.

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

Marinda vd Walt

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant
Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant