Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

Gansbaai Courant

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n gesteelde TV aan ‘n polisiebeampte wou verkwansel.

Michael-Eben Engel het Maandag, 18 September 2017 ‘n motor voorgekeer en wou by die bestuurder weet of hy nie ‘n TV wil koop nie. Die bestuurder was konst. Lolwana van Gansbaai SAPD wat die betrokke dag van diens af was en met sy privaatmotor gery het.

Die jong konstabel het nugterheid van verstand behou en aangedui dat hy beslis sou belangstel indien die prys reg is. Op sy vraag waar die TV is, het die verdagte gesê dit is in De Kelders en dat hulle daarheen kan ry.

Daar aangekom, het die verdagte die TV agter ‘n bos, waar hy dit versteek het, uitgehaal en in die motor gelaai.

Daar is ooreengekom op ‘n prys en die konstabel het gesê hulle kan ry om die geld te gaan haal.

Konst Lolwana het reguit polisiekantore toe gery en Michael-Eben Engel, wat op parool uit was, het hom kort daarna weer in die selle bevind.

Hy het Woensdag, 20 September 2017 in die Hermanushof verskyn.

Die TV word met ‘n inbraak in De Kelders verbind en Engel kan moontlik ook met ander inbrake verbind word wat die afgelope tyd plaasgevind het.

Hy is daarvoor bekend dat hy bedags rondloop en wonings dophou vir ‘n geleentheid om in te breek.

Skelm teer sy pad terug selle toe

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant
My ma sou dit vir my gedoen het - Hugh-Daniel Grobler

My ma sou dit vir my gedoen het - Hugh-Daniel...

Gansbaai word gekenmerk deur ‘n gemeenskap wat saamstaan wanneer die nood druk.

Gansbaai Courant