Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Gansbaai Courant

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels bevat nege nuwe liedjies, insluitend drie toonsettings ‘Bly by my’, my lief enen ‘Êrens is jy’ van Antjie Krog, asook Apollo 11 (Rumtestasie Houston) van DJ Opperman. (Sien berig in hierdie uitgawe: Kultuurguru’s deurvleg met Kroonstad se kaalvoetkinders) Dit sluit ook twee duette, met onderskeidelik Lise Swart en Zolani Mahola in.

Die eerste enkelsnit vanaf die album, Bly by my, my lief, wat hy vir die Woordfees getoonset het, is sedert dit in Mei uitgereik is, baie goed deur radiostasies, resensente en luisteraars ontvang. Anton se eerste album, Boy van die Suburbs, was in 1979 ‘n kitssukses

Anton is ‘n lewende legende, algemeen beskou as die vader van Afrikaanse rock, het al meer as 20 albums uitgereik en die musiek vir verskeie films geskryf, insluitend ‘n Brief vir Simone (1980), Die laaste Tango (2013) en Siembamba (2017). Hy het ook liedjies vir beroemde kunstenaars soos Sonja Herholdt, Laurika Rauch, Richard Clayderman, Carike Keuzenkamp en Koos Kombuis geskryf. In sy veertigste jaar in die musiekbedryf (2019), het hy die album 40 Jaar: Liedjieboer innie Langpad uitgereik.

Gedurende sy loopbaan is Anton met verskeie toekennings vereer, insluitend SAMA, Innibos en FAK, vir sy lewenslange bydrae tot musiek.

Buiten die uitreiking van Sirkels, werk Anton vanjaar aan verskeie konsertvertonings, asook ‘n vier-episode dokumentêr saam met filmvervaardiger, Niel van Deventer.

Sirkels is meesterlik saamgestel en bied ‘n lekkerluister-ervaring vir oud en jonk. Dit is beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Gaan soek dit by: linktr.ee/antongoosenliedjieboer

Gansbaai Courant wou weet wanneer sy plaaslike gehoor eendag ‘n beurt kry om hom te sien optree en was verras om te hoor dat ‘n vertoning sommer om die draai is.

Hy en sy kitaarspeler, Illimar Neitz, met Valiant Swart as gaskunstenaar, tree op 1 en 2 Augustus by Laerskool Gansbaai op. Die twee kultuuraande met die oog op fondsinsameling vir die skool, word in samewerking met drie onderwyseresse, Estie (Anton se vrou), Asanti Smit en Alana Louw gereël.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Marinda van der Walt

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Gansbaai Courant
Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Gansbaai Courant
Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Gansbaai Courant
Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Gansbaai Courant
Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.

Gansbaai Courant
Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant