Bianca Tops en OK Trots

Bianca Tops en OK Trots

Gansbaai Courant

Vlnr is Chris van Rensburg, Bianca de Koning, Elsabé Wolfaardt en Tommy Wilson tydens die oorhandiging van ‘n tjek deur OK Foods Gansbaai aan Bianca


Bianca de Koning van Gansbaai Academia is “Tops” en OK Foods Gansbaai is saam met die skool en Gansbaai trots op haar 5 onderskeidings wat sy behaal het. “Bianca se moeder, Elsabé Wolfaardt, werk al vir die afgelope 5 jaar by OK Foods Gansbaai,” sê Chris van Rensburg van OK Foods Gansbaai. “Dit was gedurende hierdie tydperk duidelik dat ons met ‘n besonderse leerder in die persoon van Bianca te make het en ons het dit goedgedink om ‘n bydrae tot haar studie-kostes te lewer as bewys van ons trots in haar.” Bianca het op Donderdag, 9 Januarie ‘n tjek ten bedrae van R1,000 van OK Foods Gansbaai in ontvangs geneem.

“Bianca het gedurende die Desembervakansie by ons gewerk en het goed by die personeellede ingepas en ook haar sterk leierseienskappe aan hulle bewys. Sy het ook vele komplimente van kliënte oor haar vriendelikheid en dienslewering ontvang.” Bianca was verlede jaar Gansbaai Academia se Hoofmeisie en Top-kandidaat en het ook vir 2012 en 2013 in die Overstrandse Junior Stadsraad gedien. Sy stel belang in ‘n BA-kursus (Geesteswetenskappe) en wag tans op die uitslag vir die toekenning van ‘n beurs.

Gansbaai Academia se skoolhoof, mnr Tommy Wilson, het Bianca as ‘n voorbeeld vir die leerders beskryf. “Sy is die trots van ons skool. Sy kom uit moeilike omstandighede, maar het bo dit uitgestyg,” het hy gesê. “Wat vir my so mooi was is die nederigheid waarmee Elsabé en Bianca hierdie prestasies hanteer. Ons by OK Foods Gansbaai is trots om deel van die Gansbaai-gemeenskap en van Gansbaai Academia te kan wees en wens ook vir Tommy en sy personeel baie geluk, nie net met Bianca nie, maar die hoërskool in geheel met hulle matriek-prestasies. Ons wens hulle ook sterkte toe met 2014 se uitdagings, met ‘n sekerheid in ons dat hulle nog vele Bianca’s gaan oplewer,” het Chris gesê.

Hardus Botha

Bianca Tops en OK Trots

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant