Hy is nie hier nie, Hy het opgestaan

Hy is nie hier nie, Hy het opgestaan

Gansbaai Courant

Die afgelope week het ons op Sondag een van die belangrikste feesdae in die Christelike kerkjaar gevier! Paassondag! Die dag waarop ons Verlosser opgestaan het. Alle christene het sekerlik met groot opgewondenheid en blydskap hierdie Sondag gevier. Of nie? Wat het jy gedoen? Is daar nou, ‘n week later, nog ‘n gevoel van blydskap? Want Jesus het waarlik opgestaan!?

Die groot kuns van Christenskap is om nie te lank by die graf stil te staan nie. Jesus het waarlik die dood oorwin en elke Christen moet dit nie net onthou nie, maar ook leef soos ‘n oorwinnaar oor die dood: Voluit, met blydskap en opgewondenheid oor wat op ons wag!

Dis verseker: Met Jesus in jou lewe is daar nie tyd vir stilsit nie! Die pad saam met Jesus is ‘n pad van beweging – vorentoe – na ander mense toe wat op hierdie oomblik soekend is na betekenis vir hulle lewe. Daar is mense wat jou pad gaan kruis wat nie ware vrede in hulle lewe het nie. Daar kan baie redes vir ontevredenheid wees: ’n Gejaag na aardse besittings; gebroke verhoudings; onvergewens-gesindheid; verslawing en soek na genot in drank en seks. Maar die grootste rede hoekom mense ontevrede is, is omdat hulle verhouding nog nie in Jesus Christus rus gevind het nie!

Is jy op soek na ware vrede en rus? Luister dan weer na die boodskap van Jesus se Opstanding uit die dood:

Die verlede is agter ons - die dooie dinge is verby! Om te lewe in Jesus en vir Hom, beteken dat ons moet breek met die herinneringe aan ons ou lewe – dis klaar afgehandel met die vasspyker  van Jesus aan die kruis. Om nog te sit en tob oor wat ander aan jou gedoen het, jou eie foute of wat ook al in die verlede – die oop graf sê: Los uit! Maak los!

Pyn en hartseer verander nou in blydskap! Ewe skielik verander die pyn van Vrydag in die blydskap van Sondag! Ek ervaar ‘n nuwe opwinding in my oor wat kom en ‘n verwagting dat alles nou nuut is – en werklik beter gaan word.

Gaan en vertel dit nou aan ander! Die boodskap van Opstanding moet jou só opgewonde maak dat jy nie meer daaroor kan stilbly nie – en dat jy dit vir almal op jou pad wil gaan vertel, sodat hulle ook kan deel in jou blydskap. Die klein saadjie van hoop wat jy plant in iemand anders se hart, kan ontkiem en ontwikkel tot groot lewensvreugde en vrede. Jesus het waarlik opgestaan!

Hy is nie hier nie, Hy het opgestaan

Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant