Hoe ver nog Pappa

Hoe ver nog Pappa

Gansbaai Courant

“Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “HERE,  is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” (Hand 1:6)

“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in GOD; glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (Joh 14:1-3) 

“Hoe vêr nog, Pappa?”  Kan jy nog hierdie vraag onthou wat jou kinders aan jou gevra het as julle iewers heen gery het?  Of as hulle uitgesien het na hulle verjaarsdag of  Kersfees: “Hoe lank nog, Mamma?” Ons almal weet hoe moeilik is dit om aan ‘n kind afstand te verduidelik, of selfs die begrip van tyd! Hoe vêr is tweehonderd kilometer, of  hoe verduidelik jy drie maande? Amper onmoontlik, nê? Tog het jy met soveel begrip en liefde dan verduidelik: “Nog sóveel slapies, my kind.”

Netso wou die dissipels ook van Jesus na Sy Opstanding weet: Is dit nou die eindtyd? Wat gaan nou gebeur? Selfs as Hy aan hulle verduidelik dat Hy moet weggaan om vir hulle ‘n woonplek in die Vaderhuis voor te berei, verstaan hulle nie. Amper ‘n onmoontlike saak vir aardse mense om te verstaan omdat ons so gewoond is aan wat ons elke dag sien, eet en waar ons slaap. Hoe sal ons dan die hemelse kan verstaan?

Lees eers weer gou Johannes 1:1-3 hier bo. Kan jy hoor met hoeveel teerheid Jesus hulle antwoord? Miskien moet ons dit net in ’n kort sinnetjie opsom: “Vertrou julle net, Ek sal sorg dat julle daar kom.” Jesus weet dat ons nie verstaan nie. Hy weet ons is nie toegerus om aan die ewigheid te dink nie. Ons moet net op Hom bly vertrou dat Hy alles onder beheer het. Hy het alles vir ons reeds voorberei vir ’n wonderlike lewe hierna. Ons moet elke dag net normaal voortgaan  om binne Sy wil te lewe en doen wat GOD van ons verwag.

Hou dus maar gerus op om allerhande vrae te vra oor wanneer, hoe, of  waar? Luister na Jesus se woorde: “Vertrou julle net, Ek sal sorg dat julle daar kom. Daar is baie plek in die hemel!”

Hoe ver nog Pappa

Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant