Griewe Grawe Gate

Griewe Grawe Gate

Gansbaai Courant

“n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar ‘n krenkende woord laat die toorn opkom.” (Spreuke 15:1- 1953 Vert)

“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.” (Mat 7:12)

24 Maart 1989. Die tenkskip Exxon Valdez bots rampspoedig in Alaska teen die Bligh Riff en stort 50 miljoen liter ru-olie in een van die mees asemrowendste plekke in die wêreld. Miljoene otters, visse en seemeeue vrek ’n aaklige besmettingsdood. Wat ’n ramp!

Hierdie botsing, hoe erg dit ook al was, is niks in vergelyking met wat rondom ons in ons verhoudings gebeur nie. Daagliks besmet lelike swart dik ru-olie ons harte en lewens as ons die een of ander wrewel of grief teen iemand koester. Jy ken dit. Iemand het van jou gepraat. ’n Onderwyser het jou verneder. Iemand skuld jou geld. Jou maat was ontrou. Die regering eis meer as wat jy het. En jy? Jy dra ’n GRIEF!

’n Grief. Die woord sê sommer self hoe jy voel: “Grrrrief.” Sê dit stadig en hardop: “Grrrrief.”

Klink soos ’n beer wat grom. “Grrrr....”Of soos ’n hond wat sy been verdedig. Ja, dit is hoe dit voel om in die geselskap te wees van iemand wat ’n grief het teen ’n ander. Niemand hou van grommende honde nie!

Jy ken grief-draers maklik uit. Hulle gooi maklik met modder.

Hulle praat gou oor wat ander mense doen en lug maklik hulle opinies oor alles. Ongelukkig grawe grief-draers ook gate waarin hulleself val! Hulle gate is gewoonlik vol dik swart slik wat hulle hele lewe besmet. Daar is geen blydskap en vreugde meer oor in hulle gedagtes en daaglikse lewe nie. Hulle gesigte wys dit.

Jesus het die antwoord vir sulke mense. “Soek eers die koninkryk van GOD en Sy wil....” (Mat 6:33) “Vergewe jou broer self sewentig maal sewe keer...” (Mat 18:22) “Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen.” (Mat 7:12)  Die opdrag wat Jesus gee is reguit: As jy ’n  kind van GOD wil wees moet jy jou wang draai en jou broer, jou maat, jou vennoot, ja, selfs jou vyand (Mat 5:44) liefhê soos wat Hy jou lief het. Jy moet eers weet wat dit beteken dat Hy jou lief het en jou swart besmette lewe wil skoonmaak met Sy bloed voordat jy dit gaan regkry om ander mense raak te sien deur die oë van Jesus. Eers as jy Jesus se gesig in jou broer, suster of vyand se gesig kan sien – sal jou griewe verdwyn. Dis genade!

Griewe Grawe Gate

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant