Ek Verlang Nou Huis Toe

Ek Verlang Nou Huis Toe

Gansbaai Courant

“En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.”   (Joh 14:3 )

Was jy al ooit met vakansie, of ’n tyd lank weg van jou huis en dan een oggend as jy opstaan weet jy: Ek verlang huis toe! Dan pak jy sommer op en begin dadelik die voorbereidings tref vir die terugrit. Ons noem dit heimwee. Verlange na ons heimat – ouerhuis.

Ek wonder net of ons nog dieselfde verlange of heimwee het na ons Vaderhuis – na die hemel wat ons ewige tuiste gaan wees? Verlang ons om by Jesus te wees? Wanneer laas het jy daardie verlange gehad om by GOD te wees? Hoor jy nog die reën val en dink: WOW! Dit is GOD! Hoeveel dae gaan verby sonder dat jy na die mooi sonsondergang kyk – en dink – die hemel gaan eendag nog baie mooier as dit wees – by die Vaderhuis hou die mooi nooit op nie!

9 Mei 2013. Ons herdenk Hemelvaart. Of nie? Elke dag besef ek net weer hoe leeg my lewe op aarde is. Ek raak ontevrede met alles: Te min avontuur, te min geluk, te min geld, te min geestelike diepte. Dan besef ek weer – dis omdat ek nie soos die dissipels naby Jesus geleef het – en van Hom geleer het nie. Ek het te min van Jesus in my lewe! Ek gaan sit te min stil en dink na oor GOD se grootheid in die natuur. Ek dink te min oor my baie voorregte wat GOD verniet aan my gee:  my kinders, my vrou, my oë, ore, hande en voete. Ek besef te min dat swaarkry my verlange moet versterk na wanneer my Pa my kom haal. Dat alles ten goede meewerk vir dié wat GOD lief het. (Rom 8:28)

Dalk moet ons maak soos die weeskindjie wat gehoor het sy gaan ’n pappa en mamma kry, wat haar eersdaags gaan kom haal. Sy het heeldag na die foto van haar nuwe ouers gekyk en dit vir almal gewys. O, hoe het sy uitgesien na die dag wanneer hulle haar kom haal!

Ons het mos ook ’n  hemelse Pappa wat ons kom haal. Ons, wat weeskinders was, is mos nou erfgename! (Rom 8:17) Jy en Jesus deel dieselfde testament! Wat Hy erf, erf jy ook! Jy is ‘n koningskind met ’n  Paleis vir ’n Vaderhuis! Verlang jy  soos ek Huis Toe?

Verander jou ‘te min’ na ‘meer’! Maak meer tyd saam met Jesus. Vul jou meer met die Heilige Gees en die Woord. Wees meer dankbaar oor wat jy het en ervaar. Verlang meer na GOD en die Vaderhuis wat gaan kom. Word meer en meer soos Jesus!

Verlang meer ‘huis toe’! JA! JESUS KOM ONS HAAL!

Ek Verlang Nou Huis Toe

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant