GOD maak stukkende mense heel

GOD maak stukkende mense heel

Gansbaai Courant

“Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel.” (Jer 18:6) 

Kyk rondom jou. Sien jy raak wat ek sien? Honderde gebreekte mense wat die lus vir die lewe verloor het. Ja, die sonde van Genesis 3 het sy merk diep in elke mens se lewe gelos. Dalk het jy ook nie die skerp kant van die lewe ontglip nie. Daar is in jou dalk ook baie vrae en pyn en seer wat die lag uit jou lewe neem. Dan moet jy verder lees....

Die Groot Pottebakker wat jou uit klei gevorm het – wat jou met Sy eie Hand op die pottebakkerswiel gevorm het – Hy staan gereed om jou nuut te maak – jou weer ΄n nuwe vorm te gee! Nee! Hy gooi nie die ou klei weg nie – Hy verwerp geeneen van Sy skeppinge nie! Maar Hy is bereid om jou weer op die skyf te plaas en jou nuut te maak! Hoe?

GOD, die Skepper – is ook die Herskepper. GOD, die Heilige Gees wil jou deur Sy liefdevolle Hande in ΄n nuwe vorm druk. Jy moet eerstens jou in Sy Hande oorgee: Jy moet Die Naam van Jesus aanroep en bely dat Hy die enigste HERE is. (Rom 10:9,10). Jy moet erken jy wil met die ou mens (die ou kleivorm) breek. Nou is jy in Sy Hande. Dan moet jy toelaat dat Hy jou in ΄n nuwe vorm begin druk: “Jou gees en jou gedagtes moet nuut word.” (Ef. 4:21) Hoe meer jy aan GOD oorgee en begin lewe soos Hy van jou verwag – hoe meer begin jy lyk soos die nuwe mens wat GOD van jou wil maak! “Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek en leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.” (Kol 3:9,10) 

Hierdie vorming op die skyf van die Pottebakker is ΄n stadige proses – die wiel draai en stadig en versigtig druk die Pottebakker jou in die nuwe vorm in – wees geduldig – en laat jou gedagtes en begeertes deur Hom gevorm word. Hy weet wat Hy met jou wil maak. Hy het al klaar die eindproduk ingedagte – en jy moet geduldig wees soos jy verander word. Die Herskepper (die Heilige Gees) is in beheer – deur die Woord wat jy lees en deur die keuses wat jy maak om Sy Wil te volg sal Hy jou beslis nuut en heelmaak.

Wil jy nie maar jou ou en stukkende lewe heeltemal in Sy Hande oorgee nie? Ja! Hy kan jou nuut en heelmaak! Sy groot liefde wil dit vir jou doen!

GOD maak stukkende mense heel

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant