Kies dit wat regtig saak maak

Kies dit wat regtig saak maak

Gansbaai Courant

“Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: “HERE, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê sy moet my kom help!” Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie. (Luk 10:38-42 )

Hierdie is 'n kosbare gedeelte in die Bybel. 'n  Klein juweel. Jesus leer Marta hier 'n les waarna ons almal maar kan luister. In ons daaglikse lewe is ons só besig met, volgens ons noodsaaklike dinge, dat ons vergeet wat in Jesus se oë die belangrikste is. Ons dink om hard te werk, ons huise en karre skoon te hou, vir ons vriende die beste kos voor te sit en om altyd gereed te wees om ander te help, die belangrike dinge van hierdie lewe is – toe nie! Jesus draai ons prioriteite in ΄n ander rigting. “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van GOD en vir die wil van GOD, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” (Mat 6:33)

Daar is baie Marta’s in hierdie lewe. Hulle woel en werk, skrop en berei voor. Alles moet eksie-perfeksie wees vir almal om hulle. Wat hulle doen, is nie verkeerd nie, maar die waarde wat hulle daaraan heg is verkeerd. Want saam met hierdie besig wees en hard werk is daar baie dinge waaroor hulle bekommerd is. Sal alles reg wees? Is daar genoeg geld vir die etes? Wat van die kinders? Wat van die toekoms? Sal ons dit maak? STOP, sê Jesus! “Julle Vader wat in die hemel is, weet wat julle nodig het! Hou op om julle te bekommer oor al die dinge van môre en die toekoms. Kom sit nou eers stil hier by My voete en luister wat ek jou wil leer – en dan sal jy weet hoe om die ander dinge om jou op die regte manier aan te pak.

Soos Maria moet ons eers die beste deel kies. Om ons siele te voed met Sy Woorde en ons gemoedsrus in Sy liefdevolle teenwoordigheid te vind. Dis ΄n keuse. Neem die besluit en soek eers die koninkryk van GOD – en Hy sal vir die res sorg. Die vraag wat jy moet beantwoord is: Doen jy die noodsaaklike dinge eerste of begin jy met die belangrikste wat regtig saak maak?

Kies dit wat regtig saak maak

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant