Die krag van klein dingetjies

Die krag van klein dingetjies

Gansbaai Courant

“Hy het ook gesê: “Hoe sal ons die koninkryk van GOD voorstel, of met watter gelykenis sal ons dit uitbeeld? Dit is soos ΄n mosterdsaadjie. Wanneer dit in die land geplant word, is dit die kleinste van al die soorte saad daar in die land. Maar as dit eenmaal geplant is, kom dit op en word dit groter as al die tuinplante. Dit kry sulke groot takke dat die voëls in sy skaduwee kom nes maak.” (Mar 4:30-32)

Ag, as ek net meer geloof gehad het! Ek wens ek het die geloof van ΄n Dawid, ΄n Paulus, of soos Jesus, gehad. Ja, sê Jesus, in Matteus 17:20, as julle maar geloof so groot soos ΄n  mosterdsaadjie gehad het, sou enigiets vir julle moontlik gewees het. Nou hoekom gebeur daar dan só min groot dinge in ons geloofslewe?

Kom ons kyk na hierdie vergelyking wat Jesus gebruik: ΄n Baie klein mosterdsaadjie word in die grond geplant en dan kom ΄n groot boom te voorskyn waarin baie voëls kan nes maak. Waarin lê die krag van die saadjie? In die vermoë om te ontvang! Die saadjie ontvang krag uit die vrugbare grond, die water wat dit opneem en die sonlig wat die saadjie laat ontkiem.

Die saadjie doen niks – dit word deur die grond, water en sonlig gebruik! Inherent besit die saadjie die regte eienskappe om te ontvang en te reageer op die elemente rondom dit.

Netso mag jy dalk nog jonk in die geloof wees, selfs ΄n kind, maar as jy jou hart oopstel vir GOD en sy Gees – en Sy ryke seëninge begin deur jou vloei - kan GOD deur jou klein geloof wonders verrig – groot dade doen! Moet nooit die krag van klein dingetjies (geloof) onderskat nie. Jou bietjie hulp en aandag kan ΄n gróót verskil in iemand se lewe maak. Menige hulpfonds, weeshuis en voedingsprogram het met ΄n enkele tree, één gebaar van liefde begin. Jou klein geloof in GOD se hand is die begin van ΄n groot wonderwerk! Kyk maar wat het ΄n klein klippie in Dawid se slingervel aan Goliat gedoen! Die seuntjie met die vyf broodjies en twee vissies het in die regte hande ΄n skare mense van duisende gevoed.

Wat sal gebeur as elke mens in Gansbaai net elke week één brood afstaan vir die hongeriges? Of elke mens net R1 per dag in GOD se hande plaas? (Het jy al gedink hoeveel gesinne se nood en pyn verlig kan word met R5000 per dag in Gansbaai?) Wat nog te sê as elkeen van ons elke dag biddend pleit dat GOD se Koninkryk sal kom in Suid-Afrika?

Wat verhinder jou dan om jou klein bietjie geloof , NOU, op hierdie oomblik, in GOD se hand te plaas en te sien wat Hy daaruit sal laat groei? Jy sal verbaas staan!

Die krag van klein dingetjies

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant