Wag

Wag

Gansbaai Courant

“Ek wag op die HERE meer as wat die wagte op die môre wag, wagte op die môre. Wag op die HERE, Israel, want by die HERE is daar troue liefde, by Hom is die verlossing seker.” (Ps 130:6,7)

“Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.” (Rom 8:25)

Wag! Een van die kortste woordjies in ons taal, maar een met die langste betekenis. Kan jy nog onthou hoe moeilik was dit om te wag vir jou verjaardag of die oopmaak van die Kersgeskenke onder die  boom? Hoe swaar is dit nie om te wag as jy weet jou geliefdes is iewers op die pad en jy hoor niks van hulle nie! Wag is moeilik!

Sekerlik die moeilikste wag vir ons as gelowiges is wanneer ons iets vir GOD in gebed gevra het en dit gebeur nie. Om te wag vir genesing, hulp vir jou geliefdes,  vir uitkoms in jou finansiële nood – dit alles en nog baie meer is dinge wat ons in ons wag laat twyfel. “Hoe lank nog, HERE?” is baie keer ons uitroep na bo as ons net nie meer kan nie.

Onthou jy nog hoe jou ma jou weggestuur het as jy aanhou vra: “Hoe lank nog?” met die woorde: “Wees net geduldig, my kind. Gaan speel nou buite!”  Dis met dieselfde woorde wat GOD ons antwoord as Hy vra dat ons met volharding moet wag. Volharding kweek in ons egtheid van geloof, (Rom 5:4) –ja, vertroue in GOD – want Hy is immers in beheer van alles. As jy glo GOD is in beheer, sal jy ook bereid wees om te wag totdat Hy die dinge laat uitwerk en gebeur volgens Sy wil. GOD se uitstel is nooit sonder rede en liefde nie. Hy wat immers alles ten goede in jou lewe laat uitwerk (Rom 8:28), weet ook om jou nooit bo jou kragte te beproef nie (1 Kor. 10:13). Glo jy dit?

Wag is nooit maklik nie. Die Israeliete het duisende jare lank gewag voordat Jesus op die regte tyd op die aarde verskyn het. Dis nou al weer tweeduisend jaar verder en Jesus se belofte dat Hy weer gaan kom het nog nie gebeur nie. Wat ek en jy wel moet weet is dat Hy verseker weer kom op die wolke en Hy kom ons haal. Kom ons wag geduldig totdat GOD se planne vir ons lewe uitwerk volgens Sy gróót plan. GOD is getrou! Wag en jy sal sien!

Wag

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant