Ag ek sukkel maar voort

Ag ek sukkel maar voort

Gansbaai Courant

“Wees  veral versigtig met wat in jou  gedagtes aangaan, want dit bepaal julle hele lewe.” (Spr. 4:23) “Julle gees en julle gedagtes moet nuut word.”  (Efes 4:23)

Ek en my vrou loop vanoggend langs die see af en stap verby ’n Gansbaaier wat in sy tuin werk. Ek groet hartlik met ’n goeie môre en vra hoe dit gaan. Dis sy antwoord wat ons dadelik tref, is:  “Ag, ek sukkel maar voort!”  Gereeld hoor ek mense om ons wat met negatiewe woorde en opmerkings praat. “Alles is só duur, ons kan niks meer bekostig nie.” “Ons land het geen toekoms nie!” “Die kinders van vandag het geen maniere of respek nie.”

Selfs die manier wat ons antwoord as iemand vra hoe dit gaan: “Kan nie kla nie”, het ’n negatiewe inhoud. (Al wat jou gees hoor in daardie sin is: kla!)

Dis regtig jammer as ons toelaat dat negatiewe en afbrekende woorde uit ons mond kom. Ons besef nie wat ons aan onsself en aan die mense wat ons hoor doen nie. Dit is baie moeilik om in negatiewe mense se geselskap te verkeer, want hulle vermoei jou gees. ’n Negatiewe woord wat jy spreek maak jou gees en jou liggaam siek. Is dit nie dalk hoekom só baie mense lewensmoeg en vol siektes is nie? Die Bybel waarsku ons nie verniet in Spreuke 4:23 dat ons versigtig moet wees wat ons in ons gedagtes vertroetel, want dit het ’n invloed op ons hele lewe!

Wat  moet ons dan doen om hierdie negatiewe gees in ons liggaam en ons omgewing te verander? Begin om te let op wat jy dink en hoe jy praat. Paulus sê in Filippense 4:6-8 dat ons moet begin dink aan alles wat edel en mooi en goed reg is – dan sal GOD van vrede met ons wees. Vermy tydskrifte en koerante en televisieprogramme (en mense!) wat negatiewe nuus en boodskappe oordra. Help mekaar in ’n  gees van sagmoedigheid reg  (Gal 6:1) as julle agterkom die gesprek gaan in ’n negatiewe rigting.  Vul jou gedagtes met die goeie en blye boodskap van die Bybel. Daarom moet jy die Bybel lees en dit oordink. (Psalm 1:1-3) Die Woord gee lewe – en ons almal begeer tog ’n lewe van blydskap, positiwiteit en vrede!

Kom ons begin let op hoe ons praat – dit kan só ’n groot verskil aan ons lewens maak!

Ag ek sukkel maar voort

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant