Alwyn Swart Old Oak Rolbalklub en Ivan Giles President van Franskraal Rolbal
Die afgelope tyd was die weer nie gunstig om rolbal te speel nie, maar daar was gelukkig 'n redelike mooiweersdag op 24 Augustus 2013. Dit was die jaarlikse geleentheid waaraan ses spanne elk van Franskraal, Kleinmond en Old Oak (WP) klubs deelgeneem het.
Die toernooi is veronderstel om 'n vriendskap-like geleentheid te wees, maar daar is altyd maar 'n mate van wedywering onder die spelers – alles natuurlik in 'ngoeie gees soos dit rolbalspelers betaam. Dit dra ook by dat goeie rolbal gespeel word anders sal dit maar 'n saai affêre afgee.
Die dag het goed verloop en die nuwe President, Ivan Giles en sy span organiseerders het alles goed raakgevat.
Die borge vir die dag was Colour Box van Gansbaai en die prokureurs firma van Hermanus, Jooste en Semer, wie se bydraes die dag die moeite werd gemaak het. Old Oak kom ook nooit met leë hande nie en die bydraes wat hulle saamgebring het, is goed aangewend sodat almal darem iets ontvang het al was dit dan ook net 'n troosprysie.
Die wenners van die toernooi was Alwyn Swart en sy span van Old Oak. Tweede was Ivan Giles en span van Franskraal en derde, Hennie Hablutzel en span, ook van Old Oak. Die klub wat die algeheel beste gevaar het, was Old Oak met Franskraal tweede en Kleinmond, derde.
Daar lê 'n bedrywige seisoen voor op en sowel af van die perke waaroor later meer berig sal word.
Pieter Conradie
Vlnr Alwyn Swart, Susie Swart, Schalk Kotze (Skip) en Etienne Malherbe van Old Oak Rolbalklub het die eerste prys ontvang.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More