Promosie
Gertie's Legacy is 'n nuwe winkel wat Maandag, 9 September, oopgemaak het in die geskiedkundige gebou waar Barenda Kontant Modewinkel van tannie Ena de Lange vir jare was. Dis 'n klein tekstielbesigheid wat materiale druk geïnspireer deur die natuur, omgewing en geskiedenis. Eenmalige items word ook volgens die kliënt se spesifikasies gemaak. Die winkel behoort aan Ger-Marie Engelbrecht en haar ouers, Jan en Elza. Die naam is afkomstig van haar ouma, Gertie Cilliers, wat vroeg dood is aan breinkanker. Sy was 'n boervrou wat lief was vir naaldwerk, brei en mooi aantrek. Hulle maak self strooikussings, tafellinne, voorskote en allerlei items.
Ben de Lange (geboueienaar), Elza, Ger-Marie en Jan Engelbrecht
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View Profile
What is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More