Jy is reeds n NUWE mens Leef dan ook so

 Jy is reeds n NUWE mens  Leef dan ook so

Gansbaai Courant

 “Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.” (2Kor 5:17)

Besef ons as Christene werklik wat het alreeds met ons gebeur die oomblik toe ons Jesus as Verlosser in ons lewe aangeneem het? Leef ons elke dag in die krag van Sy Naam en tree ons op as oorwinnaars?

Hier is ’n verhaal om die punt te illustreer: Daar word vertel dat die vurige hings van Napoleon Bonaparte met die slag van Waterloo uitgebreek het en weggehardloop het. ’n Wakker jong manskap het op sy eie perd gespring en die hings ingejaag. Toe hy die leisels van die hings in Napoleon se hand teruggee het Napoleon die manskap met ‘n glimlag bedank en gesê: “Dankie Kaptein!” Die jong manskap het geskrik, maar flink op aandag gespring, gesalueer en gesê: “Ek dank u, Generaal!”  Hy is dadelik terug na sy slaapplek toe, het sy klere ingepak en in die offisierskwartiere ingetrek. Toe neem hy sy ou uniform en ruil dit om vir dié van  ‘n kaptein!

Op grond van die generaal se woorde het hy dadelik sy nuwe status aangeneem en daarvolgens begin optree. Hy het nie getwyfel nie. Hy het nie geargumenteer nie. Hy het geweet deur wie se outoriteit hy kon optree. En hy het dit aanvaar. Binne sekondes het sy hele lewe verander.

Ek wens só dat ons as Christene dieselfde kan doen. As ons maar net geglo het wat GOD ons in Sy woord belowe: “Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.”(2Kor 5:17) Dit is nie meer nodig om soos ‘n bedelaar op te tree as jy die Koning se kind is nie. Jy het die reg om as kind van GOD jou plek in hierdie wêreld in te neem en met trots en oortuiging te wys wie jy nou is. Ons moet met krag kan bid en glo dat ons gebede in die Naam van Jesus Christus ’n verskil in die land sal maak. Ons kan as oorwinnaars saamstaan teen geweld en korrupsie – en weerstand bied op GOD se manier: “want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”(Mat 18:20) Kom ons begin bid in groepies van twee of drie en pleit dat GOD vir ons wat reeds oorwinnaars is in Jesus – die mag van die bose en die mag van geweld en korrupsie sal verbreek! Jy sal eerstens oorwinning oor jou eie swakhede behaal en dan sal jy sterker begin optree in jou omgewing!

Ek daag jou uit: Begin leef soos die nuwe mens wat jy reeds is! Staan op vir Jesus!

 Jy is reeds n NUWE mens  Leef dan ook so

Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Otto Bylmoord hervat

Otto Bylmoord hervat

Die staat se laaste twee getuies in die bylmoordsaak van Jan (Nugget) Otto het verlede week in die Strand se Streekshof getuig. Spr A/O Hayes en die hoofondersoekbeampte, Spr Kapt Danie Rautenbach, is na hul getuienis onder kruisverhoor geneem waa...

Gansbaai Courant
Fraternal ontbyt

Fraternal ontbyt

Gansbaai Ministers Fraternal het onlangs, onder leiding van die voorsitter, ds Dennis Naidoo, ‘n gesellige ontbytoggend geniet. Die geselligheid is goed bygewoon en die onderlinge samesyn het spontaan verloop.

Gansbaai Courant
VLV Nuus

VLV Nuus

Vertrou dat almal  'n baie geseënde Paasfees gehad het en dat almal uitsien na die laaste langnaweek.

Gansbaai Courant
DA Shows Its Multi Coloured Coat

DA Shows Its Multi Coloured Coat

The misconception that the Democratic Alliance is a political party for whites was blasted away at the DA Rally for the Eastern Region of the Western Cape in Hartenbos on Saturday (12 April 2014).

Gansbaai Courant
Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Rusland se Sendingegpaar kuier hier

Ernst Toerien, ‘n NG Sending-predikant in Rusland het onlangs in Gansbaai saam met sy eggenote, Betsie en hul dogtertjie, Nadja (3) bietjie van Gansbaai se sonskynweer kom geniet.

Gansbaai Courant
Academia skitter op die Sportveld

Academia skitter op die Sportveld

Die afgelope naweek het Academia teen Swartberg Sekondêr rugby, netbal en sokker gespeel.

Gansbaai Courant