Wat verwag GOD van Sy kinders

Wat verwag GOD van Sy kinders

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Toe hulle aankom by die plek wat GOD vir Abraham aangewys het, het Abraham daar 'n altar gebou. Hy het die hout reg gesit en sy seun Isak vasgebind en op die altar neer gesit, bo-op die hout.” (Gen 22:9)

 “En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van GOD: Gee julle self aan GOD as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.”  (Rom 12:1)

Daar is só baie christene wat dink dat ‘n mens alleenlik GOD kan dien as jy in ‘n vêr land gaan sendingwerk doen, of die hele dag met jou Bybel besig is, en ure in gebed verkeer. Daar is tog ‘n baie groot wanopvatting as ons dink dat GOD verwag ons moet alles opgee, niks besit en 24/7 besig wees met die dinge van die HERE!  NEE! Jesus het vir ons almal gesterf sodat ons nooit vir GOD hoef te sterf nie – die volmaakte offer is reeds deur Jesus afgehandel – vir ons!

Die GOD wat ons dien sal nooit van Sy kinders vra om die onmoontlike of die onmenslike te doen nie! Ons dien ‘n GOD VAN LIEFDE! Dis wat Jesus op aarde kom doen het – Hy wou die Vader aan ons bekendstel as ‘n GOD van liefde – ‘n GOD wat met Sy kinders in ‘n persoonlike verhouding wou leef! Jesus sê in Johannes 15:15: “Ek noem julle vriende!” Jy hoef nie afstand te doen van al jou aardse besitttings net omdat jy Jesus wil volg nie – ja, GOD sal wel van jou vra om daardie dinge op te offer wat tussen jou en  GOD mag staan – of dinge wat GOD se tyd saam met jou steel!

Weer eens wil GOD vir jou net die beste laat toekom – en ‘n intieme, lewende verhouding met Hom is baie meer werd as ‘n verhouding met dooie besittings!

Die offer wat GOD van jou vra is ‘n lewe wat Hom verheerlik orals waar jy gaan! Mense moet Jesus in jou oë en jou lewe kan raaksien! Jy mag jou nie toesluit in jou kamer – om weg te kom van die dinge om jou nie – GOD wil juis hê jy moet tussen mense beweeg en vir Hom ‘n lewende getuie wees. Hy is nie net waar jy aanbid of Bybel lees nie – Hy is orals saam met jou, in die verwagting dat jy Hom aan ander sal bekendstel.

By jou werk, in jou huis, tussen vriende,  ja orals, wil Jesus deel van jou lewe wees = dis geen opoffering nie! Dis ware lewe!

Wat verwag GOD van Sy kinders

Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed V...

Gansbaai Courant het heelwat klagtes van padgebruikers ontvang dat die R43-pad tussen Stanford en Gansbaai onveilig is.

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Vanuit My Stoel: Julie 2024

Gansbaai Courant redakteur - Marinda van der Walt se Julie 2024 komentaar oor stories en hul kante - jou kant, my kant en die waarheid.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Verton...

Anton Goosen se nuwe album, Sirkels, maak draaie om die liefde en die lewe,maar handel ook oor sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Kaalvoetkinders

Kultuurghoeroe's Deurvleg Met Kroonstad Se Ka...

Alles het so gelyk gebeur - Media24 se aankondiging dat van hul koerante nie meer in druk beskikbaar gaan wees nie, Anton Goosen se nuutste musiekalbum wat vrygestel is en die afsterwe van baanbreker-redakteur, Schalk Pienaar se dogter, Annatjie Louw...

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Sedert 1950 is Seaviewrylaan 177 deel van die De Vries-familie en hul geskiedenis, maar dis nou tyd vir Amanda om aan te skuif.

Dorp Raak Al Vroliker

Dorp Raak Al Vroliker

Muurskilderye en bewerkte tuine maak Gansbaai vroliker. Oorspronklike berig in Gansbaai Courant Julie 2024.