Gansveer Poetry Club
Gansveer is ’n kreatiewe toevlugsoord waar woorde in Afrikaans, Engels en enige taal tot lewe kom.
Ons dra almal maskers.
Party is van lap en rek, maar die meeste is van woorde, daar is glimlagte en goed-voorbereide slagspreuke wat ons gebruik.
Daar is die een wat lag as hy wil huil, die een wat “I am totally fine” sê terwyl sy binnekant skree, of die een wat uiters hard praat sodat niemand die stilte in sy stem en lewe kan hoor nie.
Soms is die masker so dun soos papier en n enkele skewe opmerking, of ’n té vinnige antwoord, of ’n bietjies te veel afkraking kan dit laat skeur, Én tog sien die meeste mense dit nie raak nie, want almal is besig om hulle eie masker reg te trek in die spieël van ander mense se oë.
En partykeer, as die lig net reg val en iemand kyk régtig oplettend, val die masker vir ’n sekonde, net n sekonde.
Dan sien jy die moegheid, die vrees, die insecurity, die alleenheid wat al jare daar sit.
En vir daardie einste sekonde weet hulle albei, ons neem albei deel aan die komedie.
Maar die toneelstuk moet aangaan.
Die ligte moet aan bly.
En ons trek maar weer daardie masker oor ons gesig, want dis veiliger as om kaal gesien te word.
Join us for an enchanting evening of poetry, music, and coffee, where words come alive, melodies soothe the soul, and the aroma of freshly brewed coffee fills the air. Come celebrate the art of expression with heartfelt verses, soothing tunes, and warm conversations. Whether you're a lover of lan...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreGansveer is ’n kreatiewe toevlugsoord waar woorde in Afrikaans, Engels en enige taal tot lewe kom.
Vir ons volgende byeenkoms by Die Bakhuis nooi ons jou om ’n stem te gee aan iets wat JOU ken.