Seestrome 2014: Ons kyk terug oor die jare . . .

Seestrome 2014: Ons kyk terug oor die jare . . .

NG Kerk Gansbaai

Begin Mei 1909 het eerwaarde P.J. v.d. Walt, ‘n hulpprediker van die gemeente van Napier, met sy werk in die Strandveld begin. Stanford was vroeër ‘n buitewyk van Napier. Ds. F. Koch, die nuwe leraar van Stanford, het hom opgevolg. Uit Stanford se kerklike geskiedenis is Gansbaai se gemeente gebore. Te Gansbaai, Uilenkraal en B’Bos is daar maandeliks dienste op ‘n Woensdag  gehou. Opkomste was altyd goed. Dit het gebeur  dat daar soms ‘n honderd of meer lidmate die diens op ‘n plaas bygewoon het. Die boeregemeenskap se mense was destyds lief vir mekaar en vir hul godsdiens. Nagmaal is in Stanford (wat as gemeente van Napier afgestig het) gehou. Vanaf Gansbaai het lidmate in daardie jare te voet en met ‘n ossewa of perdekar daarheen gegaan.

In die foltertyd, 1918, met die gevreesde griep-epidemie het ds. M.N. van Rensburg (1917 tot 1928) met sy groot werkywer en deursettings-vermoë, sy naam onlosmaaklik deel van Stanford, Gansbaai en die Strandveld gemaak. Die Groot Griep het hom ook in Gansbaai kom uitwoed en sy tol onder vissers en kinders van die klein gemeenskap geëis en Gansbaai-mense het hom en sy vrou geken as diegene wat kon ly met die lydendes en ween met die wenendes.

Ongeletterdheid was vanaf 1904 ’n groot kommer. Ouers het self in daardie jare hul kinders uit die enigste beskikbare boek, die Bybel, leer lees.

Jare vol seën en genade . . .

Meester : Mnr J.R. Barnard : 1920 - 1944.  In die Gansbaai van daardie jare was mnr. Barnard die man wat bekend sou staan as “Die man wat Gansbaai gemaak het”.  Daar word vertel dat in 1919 sewe onderwysposte hom aangebied is. As Christen-gelowige het hy die name van die skole op papiertjies geskryf en in ‘n hoed ge-gooi. Die volgende môre het hy na sy gebed een papiertjie uit die hoed getrek met Gansbaai se naam daarop. Die volgende dae het hy dieselfde gedoen en elke keer Gansbaai se strokie uitgetrek. As diep ge-lowige het hy geweet hy moes na Gansbaai kom! Hy het die belange van die vissersdorpie op sy hart gedra. Hy was hulle raadgewer, leermeester, vriend, leidsman, prediker en sieketrooster. Die Gansbaai van daardie jare was ‘n wilde plek, maar mnr. Barnard het  die “beskawing” hierheen gebring; so het die ou mense verklaar. Aangesien daar nie ‘n predikant op Gansbaai was nie, het hy die dienste waargeneem. Hierdie byeenkomste is langs die see gehou. Die “preekstoel” was die wrak van ‘n uitgepoelde skuit. In 1933 het mnr. Barnard die 1ste Afrikaanse Bybel aan die ge-meente geskenk. ‘n Mens kan net dink hoe won-derlik dit ook vir die gemeentelede van daardie jare was om die Bybel in Afrikaans te kon hoor en te kon lees!

Destyds het die inwoners van Gansbaai grotendeels uit blanke vissers bestaan. Daar was geen dokter, geen telefoon, en geen ordentlike pad na Stanford nie. Met mnr. Barnard se koms na Gans-baai,  moes hy sy 1914 Ford op Stanford los en per ossewa deur die duine na Gansbaai reis.

Stigting van Gansbaai-gemeente in 1944

In 1920 was die predikant op Stanford, ds. F.J. Koch, die aanvoerder vir die opstel van planne vir die kerkie in B’Bos en ‘n jaar later, na die groot griepepidemie, is begin met die planne vir die eerste kerkie in Gansbaai. Aanvanklik was die wyke Uilkraal, Gansbaai en Baardskeerdersbos deel van die Stanford-gemeente.Op 22 November 1944 om 16:00 is die nuwe gemeente van Gansbaai deur die Ringskommissie van Caledon in die ou kerksaal (by die skool) gestig. Die gemeente het uit 690 lidmate bestaan.

Die grenslyne van dié nuwe Gansbaai-gemeente  was: 1. tussen Gansbaai en Stanford; 2.tussen Tierfontein en  Kouerivier; 3. tussen Gansbaai en Bredasdorp. Die gemeente het toe reeds oor twee kerksale beskik waarin dienste gehou is: een op Baardskeerdersbos (gebou in 1921) en een in Gansbaai (die saal by die laerskool, gebou in 1922). Die bruidskat van die moedergemeente (Stanford) was die twee kerksale met meubels en orrel en ‘n bedrag van £900. In Desember 1944 beroep die Gansbaai-kerkraad die eerste predikant, nl. ds. P.A.M. Brink.

Seestrome 2014: Ons kyk terug oor die jare . . .

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai