Seestrome 2014 : Roeping en diensbaarheid

Seestrome 2014 : Roeping en diensbaarheid

NG Kerk Gansbaai

In ons wêreld is daar soveel nood. Ons as Christengelowiges het juis die roeping om die nood (geestelik en stoflik) van noodlydende mense raak te sien en te help verlig. Vir ons beteken ons geloof in Jesus Christus (ons verbondenheid aan Hom) dat ons die opdrag en die taak het om te bid en te werk dat God se koninkryk mag kom. Ons glo dat God se koninkryk met dade, met die goeie werke van liefde gedien word.

Vir ons as Christengelowiges is dit die wesenlike van ons godsdiens, dat ons deur die liefde van Christus gedring word om onsself te gee as lewende en heilige offers vir God en sy koninkryk.Vir ons geld dit: ons dien omdat ons gered is. Dalk is dit by jou as leser ‘n behoefte - ‘n behoefte wat daar in jou hart lewe: om met die stukkie res van jou lewe iets vir die Here te doen (uit dankbaarheid vir die oorvloedige genade waarmee God vir jou in Christus omhels). Die vraag is: Hoe ontdek ek my persoonlike roeping? Op hierdie punt kan die volgende jou help:

♦ wanneer die Here jou roep tot diens, roep Hy jou altyd teen die agtergrond van nood en behoefte in ‘n me-demens se lewe;

♦ wanneer die Here jou roep, roep Hy jou altyd binne die groot gebod van die liefde;

♦ wanneer die Here jou roep, roep Hy jou altyd om ‘n offer te bring; 

♦ wanneer die Here jou roep, roep Hy as ‘n reël vir jou om iets te gaan doen vir iemand wat jy nie sou kies, omdat dit ‘n offer vra wat jy (jou sondige natuur) uit vrye keuse nie sou wou bring nie;

♦ wanneer die Here jou roep, roep Hy jou altyd om eers weer by die voet van die kruis te kom kniel en om weer te onthou dat jy met die bloed van die Gekruisigde besprinkel is. God seën jou. God seën ons gemeente. God seën die kerk.

Seestrome 2014 : Roeping en diensbaarheid

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai