Seestrome 2014 - Groei en aanpas

Seestrome 2014 - Groei en aanpas

NG Kerk Gansbaai

Die kerkraad het in 2003 tot die besef gekom dat dat ‘n oorgangs-tydperk in die gemeente se geskiedenis gekom het: Die groot en snelle verandering in ons dorp en ons gemeenskap, het ‘n effek op die gemeente gewys. Hersiening van die bedieningseise en die bedieningstruktuur was dringend noodsaaklik.

In 2003 is ’n Gemeente-Bedieningsbehoefte-ondersoek uitgevoer onder leiding van prof. Kobus Kellerman, in samewerking met BUVTON. Lidmate (2000 plus) het vraelyste voltooi en uit die bestekopnames is die bevindings en aanbevelings waaraan aandag gegee moes word, geïdentifiseer. Daar is gefokus op die manier om God se saak in ons leefwêreld die beste te stel, en dat die NG gemeente van Gansbaai in die toekoms meer ‘n gemeente sal wees van lidmate, christengelowiges, wat deur die liefde van Jesus Christus gedring word om hulself vir God te gee as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is.

Geïdentifiseerde uitdagings vir die gemeente : Tot watter mate  moes lidmate se verwagtings, asook die bedieningswyse van die gemeente moes “aangepas’ by die gemeente se grootte. In die lig daarvan dat die gemeente ‘n korporatiewe gemeente is, het die ondersoek getoon dat, met die evaluering van bedieningsaspekte, die volgende aspekte aandag vra: Belyning van die visie en missie. Besluitneming en leierskap skep bemagtiging, van ’n  Eenheidsgevoel, Beplanning en organisering, Toerusting en gawebediening: m.a.w. watter bedieningstrategieë kan aange-wend of ontwikkel word om ‘n groter integrasie tussen lidmate se persoonlike geloof en die uitleef daarvan in die gemeente of gemeenskap te weeg te bring? Die proses vorentoe moes ook fokus op: Rol van leierskap: Rol van gemeentelede en rol van fasiliteerder/sameroepers (leiers).

Tien jaar later - in 2014. Ons kyk terug op ‘n dekade waarin die Gansbaai-gemeente (Baardskeerdersbos, Pearly Beach en Gansbaai) met God se genade en sorg gegroei het en ’n geestelike tuiste vir gelowiges en gemeentelede en kinders kon wees. Om van ’n klein pastoralegemeente na die bestuur van ’n groot Korporatiewe gemeente te beweeg het uitdagings en veranderings gebring. Die aanbevelings van die Buvton-verslag was ’n goeie rigtingwyser. Die gemeente se organisasie-struktuur  het verseker dat ’n struktuur met meer lidmaatbetrokkenheid bedryf word (bedieninge en diensgroepe) wat aan die uitdagings vir die gemeente uitvoering kon gee.

Ons gemeenteblad Seestrome, ons Gemeentelied, ons logo, die samewerkingsooreenkoms met die VG gemeente Blompark, die omgee- en hulpwerkerstelsel en later ook huiskerke was van die aksies wat ook hieruit voortgespruit het.

Lidmaatbetrokkenheid en -ondersteuning was die afgelope jare die hoof suksesfaktor.   

Kerkraad met die Streekskerkrade en Kommissies met Bedieninge wat onderverdeel in taakgerigte Diensgroepe:  Die hoofdoel met die samestelling van die bestuursprofiel van die NG gemeente Gansbaai het veral te make met ‘n verskuiwing vanaf die blote instandhouding van strukture na groter lidmaatbetrokkenheid en meelewing. Strukture en prosesse is in die gemeente gevestig wat leierskap, deelname en eienaarskap bevorder en wat lidmate help om hulle geloof in God prakties te ervaar en uit te leef. Ons gemeente het in September 2014, uit 2 362 belydende lidmate en 281 dooplidmate, volgens die gemeente-rekords, bestaan. Tans bedien die leraars dr. Bobo van Zyl, ds. Willie Kotze en ds. Dirk van Dyk die gemeente.

Seestrome 2014 - Groei en aanpas

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai