Seestrome 2014 : Ondersteuningskommissie

Seestrome 2014 : Ondersteuningskommissie

NG Kerk Gansbaai

Die Kommissie Ondersteuning bestaan uit die Bedieninge: Finansies, Eiendomme, Diensverhoudinge, Kerkantoor en - administrasie, Gemeentefunksies (basaar, woekermark, Kersmark).

Die Kommissie Ondersteuning se hoofdoelwitte is juis dit wat die naam aandui, nl. om die nodige praktiese en funksionele ondersteuning aan die gemeente se kerkraad en ander kommissies, be-dieninge en diensgroepe te verleen. Op so ‘n manier dat hulle effektief op alle terreine hul take kan verrig.

Basaar -  Die gemeente kan nie daarsonder nie!

Toentertyd se basaar: Reeds in September 1917 het ds. M.N. van Rensburg, wat ds. Koch in daardie jare opgevolg het, vertel : Die gereelde September-basaar was altyd een van die mooiste funksies van die jaar. Een jaar, toe die koringprys baie hoog was, het die basaar £600 ingebring. Volgens die afslaer, mnr. J.J. Swart (Jan Blik), het Japie de Villiers van Awoka een jaar n duineskilpad vir die basaar gegee. Dit het £50 ingebring. ‘n Paar verdere voorbeelde van hoe basaar in die verskillende wyke gehou is: In 1923 op Baardskeerdersbos: 1 hen £8.4s.6d. In 1922 op Gansbaai lewer 1 pampoen £54.12s.6d op. In 1926 op Stanford: 1 haan £11, te Papiesvlei: 5 pond gedroogde pere, £18, Baardskeerdersbos: 1 skaap £70. In 1926: hoogste bod vir een blik lekkers was £5.

Humor uit n basaarrekeningboek van toentertyd:Mnr. X, Stofstraat, Gansbaai. Jy skuld nog altyd! Het daardie prent wat jy op die basaarveiling gekoop het, nog nie op jou kop afgeval omdat jy nie jou skuld - en dit nogal aan die kerk - wil betaal nie? R5.20 plus rente. Baie dankie, Tesourier.

Nuwejaarsdag: Boeresport by Uilenkraalsmond.  Dit was  destyds ‘n instelling van die NG Kerk Gansbaai (ongeveer van die 1950’s tot 1980’s) om ‘n Nuwejaarsfees op die strand by Uilenkraalsmond aan te bied. Oud-Gansbaaiers en  vakansiegangers onthou met nostalgie hierdie feestelike geleenthede. Die ouderlinge en diakens met hul gesinne en al wat ‘n vriend en kuiergas was, het saamgewerk (én gekuier). ‘n Ry tente is opgeslaan vir verkopings, toue gespan vir die toeskouers en afstande vir die wedlope uitgemeet. Van atletiek tot egte boeresportitems soos sak-, eier-en-lepel-, driebeenresies, toutrek is aangebied. Elke Nuwejaar was ‘n belewenis met die basaarpoeding en ander lekker tuisgemaakte kos, koeldrank, heerlike saamkuier en volop pret en plesier.

Basaar vandag: Basaartyd in die Strandveld!

Die jaarlikse basaars van die gemeente is elkeen ‘n hoogtepunt. Dit is ‘n tyd van lekker saamwerk en hierdeur word die geldkas van die gemeente aangevul. In die gejaagde wêreld is tradisionele basaars besig om uit te sterf, maar gelukkig loop die tyd hier in die Strandveld nie so vinnig uit nie.

Baardskeerdersbos- gemeentebasaar elke 1ste naweek in Maart. Die B’Bossers sien altyd uit na die groot stofstreep in die lug as die besoekers basaar toe kom. Vir B’Bos se basaar moet jy vroeg opstaan. En die Baardskeerdersbos-boereorkes op die sleepwa wil niemand misloop nie!!

Basaar! Pearly Beach-gemeentebasaar is jaarliks die groot kuier tydens Paasnaweek. Langs die nuwe saaltjie op Pearly Beach sal daar ook ‘n markiestent te sien wees. Die Wes-Kaap-groente, B’Bos-vleis en die gebak, eet- en drinkgoed is uit die boonste rake. As jy nog nooit die skoonheid van hierdie kusdorpie gesien het nie, is dit die geleentheid van jou lewe.

Gansbaai- gemeentebasaar in die 2de kwartaal van die jaar: By die eerste stopstraat in die dorp sien jy die basaarbanier teen die kerksaal se muur.  Die heerlikste gebak, van die ligste koeke tot die smullekker anysbeskuit is te koop. Die gebruiklike vleis-tafel, groentetafel, lekkergoedtafel, naaldwerktafel en die heerlikste eetgoed sal ook daar wees. Interessante tafels en stalletjies is oral in en om die saal soos wit olifante-tafel, tombola, potjiekos, visgereg-te, poeding en meer. En vir lekker kuier is daar ‘n kafee met Eddie se sang en musiek.

Ander basaars waarby gemeentelede en kinders hul gewig ook ingooi, is: ‘n Jeugbasaar en  Herberg-aan-See se basaar, wat deur die hele gemeenskap gereël en ondersteun word.

Die VG Kerk, Blompark, met wie ons gemeente noue bande het, hou ook jaarliks hulle basaar.

Finansies & eiendomme

Rentmeesterskap ... en die geld-sake van die kerk. “As goeie rentmeesters van die veelvoudige genade van God, moet elkeen, namate hy/ sy ‘n genadegawe ont-vang het, die ander dien.”

Ons voorouers het hard gewerk en ons voorsien van drie pastorieë, pragtige kerkgeboue, sale en kategese-lokale. Dit is nou nog steeds belangrik dat ons die nodige strukture in stand hou sodat ons nageslag met die Woord bedien kan word.

Dit is ons plig as rentmeesters (lees 2 Korintiërs 8) om hier strukture vir ons nageslagte te bewaar. Ons moet dus oor die nodige finansies beskik om alles in stand te hou. Die kerk se begroting word jaarliks opgestel en deur die kerkraad goedgekeur. ‘n Groot gedeelte van ons gemeentelede is pen-sioenarisse en dit is ‘n uitdaging om in die huidige ekonomiese omstandighede ons begroting te laat klop. Ons gemeente kan net in geloof volhard dat die Here self sy kerk in stand sal hou.

Kerkkantoor : Die kerkkantoor, met Maritha Kriel (tesourier sedert 1997)  en Wilna Swanevelder (skriba sedert 2002 ) lewer onontbeerlike diens aan die gemeente. Met die ongekende groei wat Gansbaai-gemeente as deel van die kusdorpontwikkeling beleef het, het hierdie vroue gesorg dat gemeentesake nie skade ly nie.

Vrydag se woekermark : 7 jaar oud:Francia van Dyk vertel hoe sy, Christa Goss, Bertha Brits en Shorty Groenewald (met sy groentetafel) met die projek begin het nadat dit deur die NG kerkraad goedgekeur is.  Francia het dié idee by haar vriendin van die Strand-moedergemeente gekry. In die 7 jaar het die mark wonderlik gegroei en voldoen dit aan al die doelwitte wat gestel is. Almal praat egter veral van dié geleenthede waartydens vriende, kennisse en lidmate heerlik kan saamkuier, tee- en eetgoed of lekker pannekoek kan geniet en allerlei kan koop. ‘n Aangename atmosfeer word geskep deur Eddie Barnard se opgewekte sang en musiek.

Seestrome 2014 : Ondersteuningskommissie

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai