Seestrome 2014 : Evangelisasie en uitreik

Seestrome 2014 : Evangelisasie en uitreik

NG Kerk Gansbaai

Sendingkerk: Die sending- en uitreikbediening funksioneer sedert 1934 binne ons plaaslike gemeenskap. Mev. J. Barnard begin om in ons bruin gemeenskap Sondagskool te gee. Na haar het mev. Wolfaardt in 1944 daarmee voortgegaan en mnr. C.P. Brand en mnr. Bokkie Botes het eredienste by die Blomparkgemeente gehou. Die eerste gesamentlike kerkdiens van die NG kerk en die VG kerk het reeds in 1999 plaasgevind.

Die getuieniskommissie van 1999 se droom vir ons gemeente was, dat ons meer by die boeregemeenskap en by die sendelinge betrokke moet wees. Plaaslike gemeentelede sowel as sendelinge is bereid om alles op te offer en om in die vreemde koninkrykswerk te gaan doen. Alle dank aan ons Hemelse Vader wat aan ons die nodige leiding en bystand verleen het, want ons gemeente is nou op verskeie maniere betrokke.

Plaaslike Gemeenskap: EE3-opleiding is op Woensdae aangebied. Daar word tans ook gereeld video’s in Blompark vertoon.
Plaasbediening: Daar is eers dienste gehou op die plase Blom kloof, Uitkyk, Nuwedam Modderlaagte, Avoca, Boesmansrivier, Concordia en Korsika. Tans word daar elke tweede Sondag kerkdienste gehou in die gemeenskapsaal te Baardskeerdersbos. Die bywoning van die kerkdienste het nou al gegroei tot omtrent 30 persone. Pinksterdienste (waarna daar sop en broodjies bedien word) is ook in die gemeenskapsaal by Baardkeerdersbos gehou. Ons beskik ook oor ‘n projektor waarmee ons video’s aan die gemeenskap kan wys en die bediening op so ‘n manier kan oordra. Daar vind jaarliks ‘n afsluiting plaas en dan word daar lekkernye aan die kerkgangers en kinders uitgedeel.

 Masakhane: Ds. Bennie Fourie het Bybelstudie in Xhosa sowel as EE3-opleiding daar verskaf. Tien lede wat dit bygewoon het, het die EE3-opleiding geslaag en gaan voort met die bediening.
Transkei: In 2003 het ons gemeente finansiële hulp aan sendeling James Thulani verskaf. Intussen is die hulp oorgedra aan ds. Wooding, aangesien James Thulani verhuis het. Ons gemeente was betrokke by ’n bankie-projek, sowel as die verskaffing van ou klere, warm toppies, truitjies en speelgoed vir die gelowige gemeenskap in  Transkei.

Rusland: Ernst en Betsie Toerien het op 13 April 2014 vir ons meer kom vertel van hul werk in Rusland. Bid asseblief vir hul in Rusland waar dit baie koud kan raak en ook vir die Woordverkondiging.

Makhathini. Gansbaai- gemeente het voor die jaar 2000 die vlakte gaan besoek. Na 2000 was ons gemeente voltyds betrok-ke. Die grootste rede hiervoor is die passie waarmee Bonginkosi en Lindiwe die evangelie uitdra en uitleef. Bonginkosi het in 1999 tot bekering gekom. Die bekende boomkerkie is deur hom opgerig en hy het ook self later ‘n kerkie opgerig. Gansbaai-gemeente het later vir hulle ‘n kerk in Kwandaba gebou en was ook betrokke by die bou van kerkies by Hlanganani en Bhek Abantu. Daar is ook ‘n stoor in Mapaya gebou en herstelwerk aan 4 ander kerke in die Makhathini vlakte gedoen. In 2007 het ‘n groep geestelike werkers uit Makhathini ons besoek. By een geleentheid het ons vir Bonginkosi en Lindiwe De Kelders-plaat gaan wys. Hy wou by ons weet of die persoon wat die hek vir ons oopgemaak het, ‘n christen is. Skaam moes ons erken dat ons nie weet nie en hy wou dadelik by ons weet hoekom ons die man nie vra nie.

Daar is ook fondse bewillig deur gemeentelede sodat Maria (‘n vrou sonder bene) haar eie waterput by haar hut kon kry.
Die jaarlikse afsluitingsfunksie is op hande. Daar sal ’n goeie film vertoon word, die Woord gebring word en iets vir die kleinspan uitgedeel word. Ons vra: Bid vir almal betrokke by die bediening, stel belang in sendingwerk. Kom gesels met ons. Daar is ’n groot behoefte aan bediening, maar die arbeiders is min. Tog is daar tekens van lewens wat op ’n wonderlike wyse verander word. Daarvoor kan ons net die Here dank.!

Fotos by fotogalery

Seestrome 2014 : Evangelisasie en uitreik

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai