Seestrome 2014 : Diens van barmhartigheid

Seestrome 2014 : Diens van barmhartigheid

NG Kerk Gansbaai

Die lidmate wat as die barmhartigheidsdiensgroep van ons NG gemeente funksioneer, het die afgelope jare ons gemeente se barmhartigheids- en noodverligtingsdienste laat realiseer en kyk terug op jare met baie lief en leed. Die Here se seën en genade was altyd sigbaar teenwoordig. Die hulp en omgee uit die gemeente, van mans en vroue wat graag bydraes maak en fisiek kom help, is altyd ’n wonderlike, ondersteunende inspirasie. Hulle rig 1000de dankies aan almal wat die afgelope jare die ondergenoemde aksies ondersteun het:

* Uitry-etes 1x per kwartaal. Dankie vir die dames wat gehelp het met die koskokery, die skep en uitry van die  etes na die lidmate. Dankie veral  vir die donasies wat die etes moontlik maak.

* Skenkings van 2de handse klere. Hiermee word ’n baie noodsaaklike diens gelewer. Eerstens word dit uitgedeel waar nodig. Van die klere word verkoop ten bate van Gansbaai Maatskaplike Dienste. Die oorskot word na die sendingveld gestuur.  

* Teeskink by pensioenuitbetalings. Maandeliks word tee, sowel as ‘n broodjie, voorsien. Die Bybelstudiegroepie en die egpare wat die toebroodjies voorsien, word spesiaal bedank.

* Huppel-en-kruppel-blikkies. Dankie aan elkeen wat so ‘n senteblikkie in hul huis geneem het. Daarmee word geld ingesamel wat baie gate toestop. Die geld word na drie fondse gekanaliseer:  

1] Versorgingsfonds: Hieruit word erg ver-swaktes gedeeltelik gehelp met doeke en versorging in die nasorgsentrum by Herberg-aan-See.

2] Opvoedingsfonds: Kinders van ons laer- en hoërskool word gehelp met skoolfonds en skool-klere. Dankie ook vir gereelde inbetalings van enkele van ons lidmate.

3] Die Huppel-en-kruppel-hulp: Met die orige derde spreek ons individuele noodgevalle en be-hoeftes aan.

Toebroodjies vir die laerskool: Dankie ook aan hulle wat so getrou toebroodjies maak en by die laerskool gaan aflewer vir dié kinders wat nie ‘n toebroodjie van die huis af kan saambring nie.

* Kospakkies: Baie dankie aan die Bybelstudiegroep en ander wat gereeld voorraad vir die kospakkies voor-sien, asook diegene wat elke maand spesifiek bydraes vir kospakkies maak.

* Kersfeespakkies: Dankie vir diegene wat elke feestyd bydra sodat ons koopbewyse kan uitdeel aan hulle wat min-der as ons het.

*   Vrywilligers vir ons tehuis vir bejaardes, Herberg-aan-See. Dankie aan almal wat ons bejaardes met toewyding dien en help versorg.

Ons gebed vir die komende Kerstyd en nuwe jaar is dat ons almal bewus mag wees van God se wonderlike werk in die “Hawe van God se Genade” en al meer hande barmhartigheid sal betoon.

Ons droom dat daar in die jaar wat kom meer Huppel-en-kruppel- blikkies in gemeentelede se huise sal staan sodat ons, deur ons orige sente, ons kinders en bejaardes kan help.
Ons droom dat ons almal se oë sal oopgaan vir die nood rondom ons en dat ons met ons harte en hande sal uitreik na ons naaste.
Ons droom van liefde en deernis in oorvloed binne ons gemeente, want God het ons eerste lief-gehad.

Hulp, vrywilligers en gewillige hande is nodig. Daar is nog soveel wat ons graag sal wil doen, maar vrywillige werkers is net altyd te min. Ons sal só graag aandag aan ons oudste lidmate, veral dié buite Herberg-aan-See, wil gee. Ons wil Maatskaplike Dienste se hande sterk, want hulle het ook ‘n groot behoefte aan hulp.

Wil jy nie dalk kom help nie? Sal daar nie ruimte wees om jou gewig by barmhartigheid in te gooi nie? Ons eerste vergadering is in Januarie, net na die skole begin. Die datum sal op die nuwe kerkkalender wees. Indien jy ‘n donasie wil gee, kan jy dit by die kerkkantoor inbetaal .

Kontak ons: Navrae: Sunet Heyns 028 3841710, Francia van Dyk 028 3840262, Maryna Rossouw 028 3844 1358 of die kerkkantoor 028 3840510.

Seestrome 2014 : Diens van barmhartigheid

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai