Kersfees 2014

Kersfees 2014

NG Kerk Gansbaai

Een van die mooiste reëls vir my uit die Liedboek is uit Lied 365:2

Hy met mense saamgetel

Ware God Immanuel

Dit omsluit vir my die Kersboodskap. Verwys na woorde in Matteus en Johannes.

Saamlees:

Matteus 1:18-25

Johannes 1: 1-5; 14, 18

Ek wonder partykeer of ons nie God bewustelik ver van ons afhou nie. Ons dink miskien God is groot, goed, heilig en rein en hoort in die hemel.

Ons godsdiens is soms vol dualismes.  Dit beteken ons stel twee dinge teenoor mekaar en dink soms dit het niks rerig met mekaar te maak nie. Die bekendste een dink ek wat ons soms handhaaf is siel teenoor liggaam. Een beter as ander. Ons vergeet dat ten diepste die Christelike kerk deur die eeue al bely dat ons in die opstanding van die vlees glo. Die probleem met dualisme is dat die een belangriker word as die ander. Dat die twee goed kontak verloor met mekaar.

EK gee nog voorbeelde:

Hemel x aarde

God x mens

Heilig x sondig

Rein x onrein.

Stuff of the earth x stuff of God

Binne sulke denke beteken dit eintlik dat die hemel niks te doen het met die aarde. Dat die goddelike te goed en rein is vir die menslike.

Wat volgende gebeur is dat ek die Here se werk in my lewe meet aan hoe suiwer, goed en sonder probleme my lewe is. My lewe moet goed wees vir die hemelse en die goddelike om daar teenwoordig te wees.

Miskien kan ons dan ook begin dink: Net daar waar dit goed gaan, ek die regte dinge doen, en korrek lewe, dan is God in my lewe teenwoordig. Met die foute, krissise, blapse, slegte goed is God nie daar nie. Ek leef ‘n dubbel lewe en meet God se teenwoordigheid aan die voorspoedsvlakke in my lewe en my getrouheid al dan nie.

Kan dink my lewe is te messy en God te heilig. Jesus se geboorte trek ‘n streep deur sulke denke. Jesus Christus kom en hef al die dualisms op: Stuff of the earth is ook stuff of God.

Die wonder en diepste boodskap van die inkarnasie en vleeswording is juis dat God ten diepste oral en altyd teenwoordig is, dat hy sorg, ly, bewaar en verander juis in die messiness van die lewe.

Jesus is nie soos ‘n fairy wat uit die lug uitkom en poeier gooi en alles in ons lewe perfek en rein en heilig maak nie. Nee, hy kom word mens in al ons mensheid. En kom wys dat God te midde van ons messiness en sonde en selfsug en momente van lyding teenwoordig is en in ons lewe werk. Dat God in my lewe werk beteken nie dat Hy die goed wegvat nie. Hy is tog immers God met ons. Hy het tog immers ons vlees aangeneem en soos Johannes 1 sê came tabernacling amongst us. Tent onder ons kom opslaan. Beste SA voorbeeld, gaan maar sê, want evangelie is maar vol aanstoot. Hy het tussen ons kom plak.

Iemand het geskryf:

The incarnation means therefore above all things that nothing – literally nothing – that happens in human life and in the world here and now can be regarded as having no relationship with God. The world is God’s and God is in the world. All men and women are God’s people and God is in us all – God near us, God with us, God in us, Immanuel.

Ek het nou die dag ‘n beautiful vertaling gelees van woorde van Heilige Simeon uit die Griekse tradisie van elfde eeu, wat juis wou beskryf hoe God groter is as skepping, maar tog in die skepping. Jesus se vleeswording dit uitroep: enkele aanhalings.

Vertaling: Sint Simeon die Nuwe Teoloog (11de eeu)

Ek weet dat die Onbeweeglike neerdaal;

EK weet dat die Onsigbare aan my verskyn;

Ek weet dat Hy wat ver buite die hele skepping is

My in Homself neem en my in Sy arms skuiling gee

En dan bevind ek my buite die hele wêreld

Ek ‘n brose en nietige sterweling in die wêreld aanskou die skepper van die wêreld

In Sy hele wese, in my;

En ek weet ek sal nie sterf nie, want ek is midde- in die Lewe

EK het die hele Lewe, wat in my opwel soos ‘n fontein

Hy is in my hart, Hy is in die hemel

Daar, sowel as hier, toon Hy Hom met dieselfde heerlikheid aan my.

God het ons aarde en vlees kom bewoon. Engels inhabited. Dit beteken my liggaam tel, die aarde tel, my lewe tel.

Inkarnasie maak dat ek eintlik nie anders kan as om uit en met verwondering te leef nie.

 God’s own presence attends our every breath

God is nader as ons eie asem.

En dieselfde God los nie noodwendig ons problem op nie, maak nie alles perfek en sondeloos in my lewe nie. Hy openbaar homself te midde van krisis, pyn, lyding en gevoelens van magteloosheid. Hy weef in ons menslikeheid sy genade in. Sy belofte is dat Hy met ons is en dit is meeste van keer ten spyte van ons.

Daarom kan ons feesvier vandag. Ons kan gaan proe en ruik en spring en speel en swem en omhels, want God se teenwoordigheid vul die aarde.

Dit nooi ons ook uit om iets van God se hart te lewe: Met oop arms, bevestigend, versorgend, oop arms, attentive lewe, opstaan teen onreg. Alles anders te sien

Today the magi gaze in deep

wonder at what they see:

heaven on earth, earth in heaven,

humanity in God, God in humanity,

one  whom the whole universe

 cannot contain now enclosed

in a tiny body. As they look,

they believe and do not question

as their symbolic gifts bear witness:

incense for God, gold for a king,

myrrh for one who is to die.

 

Hy met mense saamgetel. Ware God- Immanuel

Kersfees 2014

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai