Bediening : Sending

Bediening : Sending

NG Kerk Gansbaai

Die bediening sending het hierdie jaar verskeie aksies geloods en hoogtepunte gehad waarvan sommige hier uitgelig word.

Plaaslike sending- en uitreikaksies:  Die plaasbediening in B’bos gaan in 2014 op die dieselfde tyd as die kerkdiens plaasvind. Dit sal net in ‘n ander lokaal wees. Die Plaasbediening se afsluitingsfunksie was op Baardskeerdersbos op 1 Desember 2013.

Pinksterweek Mei 2013: Die klem het in dié week sterk op sendingwerk geval. Evangelis Bonginkosi en sy vrou Lindiwe Mthembu, wat op uitnodiging van die sendingbediening ons gemeente besoek het, het dienste in B’Bos en Pearly Beach en die VGK Plaasbediening bygewoon. Ons gemeente ondersteun evangelis Bonginkosi nou reeds ’nklompie jare en dit is wonderlik om te hoor hoe God se koninkryk in Makhathini (ook in Bonginkosi se streek) groei. Bongi se ma is nou onlangs oorlede. Bongi en Lindiwe stuur groete en bedank nogmaals die gemeente vir die ondersteuning, gebede en onvergeetlike besoek in Mei. Hulle verseker die Gansbaai-gemeente ook van hul gebede en bid almal ‘n geseënde Kersfees en nuwe jaar toe.

Pinkstermaal met die Pinksterafsluiting:
Die Pinkstermaal wat reeds etlike jare aangebied word is op die laaste Vrydagaand  deur die sendingbediening aangebied. ‘n Onvergeetlike geleentheid! Die sang van die laerskoolkoor van Alana Louw was pragtig en ons sê vir hulle nogmaals dankie.

Planne vir 2014:
Hulle wil ‘n groep bymekaar kry om volgende jaar  Makhathini en Transkei te besoek. Meer inligting sal spoedig deurgegee word. Dit beloof om ‘n heerlike toer te wees.

Sendeling in Rusland:
Ernst Toerien van Rusland beplan om ons gemeente in April 2014 te besoek.

Bediening : Sending

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai