Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Sondag 23 Junie 2013 het Pearly Beach se lidmate die inwyding van hul kerkgebou in Junie 2003 gevier. Die viering het ook die aanbouing van die nuutgeboude stoep ingesluit. Ds. Dirk van Dyk het tydens die verjaardagvieringe die gelukwense namens die hele NG gemeente van Gansbaai oorge-dra. “Ek sien die 10-jarige bestaan en die kerkgebou in Pearly Beach as deel van God se Genade,” het ds. Van Dyk gesê.
Ds. Stoney Steenkamp het die diens waargeneem en sy boodskap was: Dra die vrugte van die Gees, want ‘n boom word aan sy vrugte geken. Die dra van goeie vrugte is ‘n teken van ‘n nuwe lewe wat met vreugde in Christus gevul is. Die NG gemeentekoor onder leiding van Aletta Lochner en Annelene Reinke as orrelis het opgetree.
Na die diens is daar gesellig saamgekuier.
Ouderling Petrus du Preez het die nuusbrokkies deurgegee: Pearly Beachers het op 21-12-2013 ‘n tafel op die Pearly Beach-meent, waar worsrolle verkoop sal word. Vrydag 13-12-2013 tree die gospel sanger, Piet Smit, in die N G Kerk in Gansbaai op ter stywing van Pearly Beach se stoepfonds. Kaartjies is te kry by die kerkkantoor of OK Foods of skakel Petrus 082-564 5259 of Ida 082-410 7161. Verversings sal in die klein saaltjie te koop wees asook CD’s van Piet Smit.
Nuwe kerkraadslede is Wessel en Anna Fourie en Sandra van Wyk en hulle is op 10-11-2013 deur ds. Hennie Basson, emeritus van Pearly Beach, voorgestel. Daar is gedurende die Desember vakansie elke Sondag ‘n erediens in Pearly Beach. Ds Hennie sal ook die diens op 8-12-2013 waarneem, die 15de en 22ste ds. Johan Smith van Moreletta Park. Die 2 Kersdagdienste word gelei om 8.00 en 9.30 deur ds. Stef Esterhuizen, emeritus van Bellville. Die 29ste weer Ds Hennie en die middernagdiens op 31ste Ds Stef Esterhuizen.
Ons sien uit na ‘n baie geseënde feesgety.
Voorspoed vir 2014 namens die Pearly Beach-streekskerkraad.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.