Pearly Beachers besoek Herberg-aan-See-tehuis

Pearly Beachers besoek Herberg-aan-See-tehuis

NG Kerk Gansbaai

Sowat 20 dames van die NG vrouediens van Pearly Beach het Herberg-aan-See besoek en gesorg vir ’n dag vol verrassings. Volgens Alta van Niekerk is dit is ‘n projek op hul jaarprogram en is dit altyd wonderlik om HaS se in-woners te besoek en te bederf. Die kuier het begin met gesellige samesang, met Alta agter die klavier. Daar is met die sing van geestelike liedere begin en later na vrolike en opgewekte liedere oorgeskakel. Instrumente is onder hulleversprei, waarmee die bejaardes lustig kon saamtokkel.

Engela Basson het ‘n boodskap aan die bejaardes gebring en daarop gewys dat hulle nog ‘n waardevolle lewensrol het om te vertolk. Die besoek aan HaS gaan altyd gepaard met verversing en eetgoed en die Pearly Beachers het seker gemaak dat daar geen tekort was nie. Die bestuur en personeel is bedank vir die wonderlike en vriendelike ontvangs en word ook bedank vir die puik versorging van die inwoners van die tehuis.

Pearly Beachers besoek Herberg-aan-See-tehuis

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai