Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Beide die diens van barmhartigheid en die Vrydag-woekermark het groepe aktiewe vrouelidmate wat sonder ophef en menige kere sonder erkenning onbaatsugtige koninkrykswerk verrig. Twee vroue wat op hul stil manier ook diep spore in die gemeente en gemeenskap trap, is Bertha Brits, finansiële toesighouer by Vrydag se woekermark en Maryna Rossouw, diensgroepleier van die diens van barmhartigheid. Ons het met dié dames oor hul betrokkenheid by en verwagtinge van die onderskeie aksies gesels.
Vrydag-woekermarkprojek - Bertha Brits vertel
♦ Bertha, hoe onthou jy die ontstaan van die Vrydag-woekermark?
Die idee van die woekermark is ge-bore uit ‘n behoefte wat op verskeie vlakke geïdentifiseer is vir die in-sameling van fondse in die gemeen-te en samelewing. Francia van Dyk, wyle Letta Groenewald en ekself was van die begin af by die projek betrokke. Ons gesprekke het daaroor gegaan dat dit ’n manier is wat die kerk het om ekstra fondse te genereer, in plaas van om daarvoor te kollekteer. Hoekom begin ons nie maar dit waaroor ons alreeds so baie gepraat het nie, is gevra - ‘n woekermark! En ons behou die teetafel en die pannekoektafel vir die kerk se fondse en verhuur tafels aan lidmate wat ‘n ietsie ekstra vir hul eie sakke wil verdien. Ons is met dié konsep na die kerkraad en daarna is ‘n vergadering belê met verteenwoordigers van die verskillende streke. Dit is baie positief ontvang en almal het hul samewerking beloof.
♦ Wat is vir jou grootste vreugde na die 6 jaar se bestaan van die mark?
Dat ek nog kan voortgaan om my Skepper op so ‘n manier te kan dien en dat Hy nog daagliks die krag daar-voor aan my voorsien.
♦ Wat glo jy is die toekoms vir die woekermark?
Ek sal nie graag wil sien dat dit doodloop nie. Dit is ‘n uitdaging om die jonger bloed in die gemeente betrokkete kry, want tot nog toe is hulle nie baie geïnteresseerd nie. Ek hoop ons sal nog vorentoe kan staatmaak op die lieflike samewerking wat tans onder die vrouelidmate bestaan en dat hulle ook die krag en bereidwilligheid van ons Hemelse Vader sal ontvang.
♦ ‘n Persoonlike boodskap?
‘n Baie groot dankie uit die hart aan al die wonderlike vroue-lidmate van die NGKGansbaai wat hierdie projek dra, en moenie die manslidmate vergeet nie - hulle raak al groter sterre! Ons vroue waardeer dit. Dankie aan ons Hemelse Vader vir al sy seën oor al die jare.
Diens van Barmhartigheid - Maryna Rossouw
Maryna, diens van barmhartigheid was nog altyd jou passie. Hoekom?
Ek was nog al die jare by die kerk se aktiwiteite betrokke, eers by sending, later jeug, ens. In my jeugjare het ek armoede gesien en dit self eerstehands beleef. Toe die vrouediens ingestel is, moes ons almal as lidmate by een van die diensgroepe inskakel. Dis ‘n jammerte dit het verval. Die meeste van ons Kleinbaaiers het by diens van barmhartigheid ingeskakel omdat die twee koördineerders, Aneen en Agnes,Kleinbaaiers was. Toe hulle ophou, het hulle my omgepraat om oor te neem.
♦ Hoekom is jy na al die jare nog so vol ywer?
As jy besef jy het genoeg en ander het nie, nieteenstaande hul omstandighede of hul eie toedoen, en telkens spreek die Woord van God met jou dat jy “altyd in diens van die Koning is.”
♦ Hoe kon jy nog altyd volhou, alhoewel die helpers al ‘n paar jaar lank baie min was?
Die Here het nog altyd gewilliges gestuur met hulle gawes wat hulle tot beskikking van Hom kom stel het, al was dit soms min, maar Hy het nog altyd sy werk in stand gehou. En ek glo Hy sal nog meer en jonger hande stuur, want hierdie werk van Hom mag nooit tot stilstand kom nie.
♦ Waaruit het jy die meeste bevrediging geput?
Wanneer ons een maal per kwartaal kos uitdeel en die verskillende reaksies beleef. Een sal my vir ewig bybly. Die tannie het oor die onderdeur gehang, want sy kon feitlik nie meer loop nieVorige kere het sy altyd so mooi dankie gesê en wou altyd vertel hoe sy in haar jonger lewe ook betrokkke was by die barmhartigheidswerk van die kerk. Dié keer het sy egter in ‘n baie swakker toestand gesê dat “ek so dankbaar is dat die kerk my nie vergeet het nie.”
♦ Wat is jou groot ideaal vir die diens van barmhartigheid in Gansbaai en die NGK?
Dat daar altyd genoeg gewillige hande sal wees en iemand wat bereid is om leiding te neem. Die Here soek nie bekwame mense nie, die bekwaamheid voorsien Hy soos nodig, net gewilligheid om Hom te dien met die gawes wat Hy aan jou toevertrou het. Die leier is tog net so goed soos die wat hom/haar help. Daarom is elkeen se bydrae, hoe nietig ook al, belangrik.
♦ Wat is die lekkerste deel van al jou bedrywighede?
Die Tee vir Alleenlopendes! Die emosionele versorging van ons lidmate is net so belangrik soos die geestelike en liggaamlike versorging. Eensaamheid is ‘n emosionele armoede, want alles wat jy doen, doen jy alleen, daar is niemand om dit met jou te deel nie
♦ Wat is jou persoonlike boodskap aan ons mede-vrouelidmate:
Kom en stel jouself diensbaar vir sy koninkrykswerk. Jy sal nie spyt wees nie. Niks is meer vervullend nie!
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.