Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Die stille krag van die vroue van die gemeente vanaf Gansbaai se beginjare tot vandag.
Die vroue van Gansbaai het sedert die beginjare van die NG gemeente ’n prominente rol in die werksaamhede van die kerk en die gemeenskap gespeel. Vroue was en is nog altyd betrokke in alle aspekte van die werksaamhede van die kerk. Hulle is raakvatters as dit by fondsinsamelings kom.
In Seestrome Desember 2004 vertel Pannie Swart van die vrou se rol in die gemeenskap: “Lank voor die tyd het die kerkraadslede se vroue begin kompeteer om geld in te samel vir die bouwerk. Weekliks is daar met groot entoesiasme en goeie resultate stoep- en straatverkopings gehou. Met die bou van die saal onthou sy dat dit waarlik ’n gemeenskaplike taak onder leiding van ds. Pretorius was . . . ”
Ons het met Dalene Swart gesels oor die beginjare van die vrouediens. Dalene het deur die jare ’n prominente rol in die vrouediens gespeel. In 1983 verander die destydse VroueSendingbond na die NG Vrouediens – dit was ’n sinodale besluit.
Elmarie Bosman was die eerste voorsitter van die Gansbaai vrouediens van 1983 tot 1990.
Blanché Havenga neem waar as voorsitter totdat Karen van As as jonggetroude leraarsvrou by haar in 1990 oorneem.
Wat was jou rol in die vrouediens?
Gedurende die jare 90 dien ek vir 10 jaar in die vrouediens bestuur as sekretaresse, ondervoorsitter en vir ’n klein rukkie as waarnemende voorsitter tot die koms van Beadrie Vermeulen.Gedurende die tydperk 1990 tot 1997 begin ek saam met Karen van As en Reinette de Villiers die gemeenteblad Seestrome, asook die vroue Bybelstudiegroepe in Gansbaai.
Wat het die meeste aan jou hart geraak?
Vir my was die vrouediens ’n wonderlike leerskool. Ons het werklik betrokke geraak by mekaar en in ons verskillende wyke. Daar was ’n wonderlike gevoel van samehorigheid en samewerking in ons vrouediens bestuur. As ek vandag terugdink, weet ek dat die tydperk altyd vir my sal uitstaan as een van die hoogtepunte in my lewe.
Die vrouediens van vandag.
Die huidige voorsitter is Elcine Hulme, ondervoorsitter, Fransil Kotze en sekretaresse Hettie Oosthuizen. Die bestuur word saamgestel uit verteenwoordigers uit al 6 die streke en dan ook van sommige bedieninge. In samewerking met ons diakens en hulpwerkers probeer ons elke vrou op hoogte hou van wat gebeur, elkeen uitnooi om iewers betrokke te wees en om ons ook te help met dienswerk en bydraes.
Die vrouediens is betrokke op verskeie terreine in die gemeente. Hul hooffokuspunt is die vrou en die kind. Baie aksies vind plaas in samewerking met ander bedieninge, soos diens van barmhartigheid, sending en straatwerk, ensovoorts. Die vrouediens is betrokke by verskeie projekte in en buite die gemeente en is daarop ingestel om waar behoeftes/ knelpunte in die gemeente en gemeenskap ontstaan, God se liefde, genade en barmhartigheid uit te dra.
Ons vroue die stille krag: Dit is die ongelooflike vroue in die gemeente wat instrumente in die hande van ons Hemelse Vader is en wat wonderwerke laat gebeur.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.