Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Die vrouediens se afsluittingsfunksie is vanjaar op Dinsdag 29 Oktober gehou. Die tema was : Die geloofsirkel.
‘n Pragtige versierde saal het die dames begroet. Vier aspekte van die geloofsirkel is in die hoeke van die saal uitgebeeld, naamlik: Vleeswording, Lyding, Opstanding en Pinkster.
‘n “Labirint”, verlig met kersies is met stoele van stasie tot sta-sie gepak sodat die dames by hul aankoms rustig deur die saal kon beweeg.
Dr. Liesel Joubert het die opening waargeneem. Sy het uit Pre-diker 3 voorgelees. Sy het daarop gewys dat elke ding sy be-paalde tyd het, ook in die Christelike kerkjaar. Dié jaar begin en eindig met Advent. In elke mens se lewe gebeur elke ding ook op ‘n bepaalde tyd.
Vier dames het elk hul ervaring en belewenis van ‘n aspek van die geloofsirkel met die dames gedeel.
♦ Fransil Kotze: Vleeswording. Elke vrou identifiseer daarmee. Babas en moederskap loop hand aan hand. Ons as vroue ken die afwagting van moederskap. Ons bely dat Jesus mens geword het. Alles wat ons beleef, het Jesus beleef en meer . . . Ons kiesom Jesus raak te sien in die alledaagse; sy menswording be-teken dat niks ooit weer alledaags kan wees nie, net heilig.
♦ Susan van Heerden: Lyding. Jesus wou op aarde slegs die Vader se wil doen. Sy vra die vraag: Hoe ly ek vir Jesus? Deur vir Hom te getuig .
♦ Marina van Dyk: Opstanding. Dit is ‘n jubeling, dit is lewe. Die dood is oorwin. Ons moet bewus raak op Wie ons hoop.
♦ Luna Auret: Pinkster. Dit is die bekragtiging van die kerk. Sy verwys ook na Hand 1:8: “Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, . . .” en 1 Tess. 5:23 “ Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle on-berispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!”
Dit was ‘n aand wat almal tot diep nadenke gestem het. Ons kan net weer almal saam bid: “ Leer my u wil, Heer, u doel met my - U Pottebakker, met my, die klei.”
Soos gebruiklik is die aand afgesluit met heerlike tee, koffie en verversings wat deur die Franskraal-dames voorgesit is
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.