Redaksioneel

Redaksioneel

NG Kerk Gansbaai

Hierdie is ons laaste uitgawe vir die jaar 2013. Kersfees en Nuwe Jaar lê voor. Ons kyk met dankbaarheid terug op nog ’n jaar van God se troue liefde. Ons dank God vir die voorreg van gemeente-wees en vir sy seën vir ons.

Deel van God seën vir ons – oor baie jare – is ons vrouelidmate. Susters in die Here wat met sagte harte God se werk doen. Vroue, moeders, wat iets verstaan van die liefde van God wat in barmhartigheid en genade registreer.

In hierdie uitgawe van Seestrome kyk ons ook terug oor die jare van die vrouediens in ons gemeente. Ons blaai deur die boeke van ons herinneringe. Ons onthou en ons sê dankie.

Die redaksie wil ook aan elke lidmaat ’n geseënde Kerstyd toebid. Kerstyd is die tyd van welwillendheid. Mag ons in dié tyd ryke seën ontvang deur liefde te betoon aan ander.
Vir ons vakansielidmate wat weer by ons kom kuier in hierdie tyd - hartlik welkom. Mag julle in ons midde iets beleef van die vreugde en die vrede wat God in Christus gee. Soli deo Gloria

Redaksioneel

Redaksie Seestrome

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai