Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Dit is Paastyd. Paastyd is vreugde tyd. Dit is vandag die vierde Sondag van paastyd en dit is die Sondag met die tema van die Goeie Herder.
Ek gaan vanoggend stilstaan by die metafoor en in verband bring/gesprek bring met moedersdag.
Lees: Esegiel 34, Johannes 10
Kom ons begin by ons Godstaal, ons Godsbeelde. God is groter as taal en ons kan nie anders as oor God in beelde/metafore te praat nie. ‘n Goeie metafoor wek assosiasies op. Ons sal sê: “Daardie man is ‘n buffel”. Dan weet ons watter tipe mens hy is.
Die Bybel is vol metafore: God is ons Vader, ons koning, Hy is Lig, rots, ma-hen, arend, groen sipres. Hy is herder, brood, pottebakker, wingerdboer. So kan ons aangaan. ‘n Goeie metafoor het twee elemente. Die een is die oorvleueling van eienskappe, die ander (met goeie een) is skokelement. Ons het dit al bietjie verloor in ons teologiese taal.
Die eerste hoorders sou skrik toe Jesus God Abba noem, dit het nie gebeur in Ou Testementiese tyd nie en dis intieme vorm, soos papa. Wed julle gaan skrik as ek bid, “Ons moeder”. Tog is dit maar net so beeld soos vader. Dit is nie in klip gegiet nie. God is meer.
Juis voor moedersdag en dag wat ons vir leiers stem, wil ek stilstaan by herder. Herder is een van die “metaphors of governance” in OT”. Saam met koning en regter.
God as herder is nie net ‘n “sweet” beeld nie. Ons moet altyd onthou die Bybel hang nie in lug weg van "real life" harde werklikhede nie. Esegiel se tyd was ‘n tyd van ballingskap. Agv van swak politieke besluite, onseker leiers, verkeerde internasional betrekkinge sit die mense nou in ballingskap. Weg van huis, ballinge. Voel nie na gekyk en versorg, wie gaan na hulle kyk, waarheen nou?
Sit net die nuus aan, internasionaal. Hoeveel mense is in sulke posisies baie keer omrede swak leierskap en die minstes wat dan daaronder ly.
In Esegiel “fire”/steek God die leiers/die herders in die pad omdat hulle net na hulle self kyk en nie na ander. Dan sê Hy Hy sal self die rol oorneem.
Kriteria van goeie herder/leier. Het hulle nie daaraan voldoen nie? Esegiel se eienskappe van goeie herder is een wat sorg, oppas, wonde behandel, optel en dra. Leiers van Israel het dit nie dit gedoen. Nie versorgende opgetree.
Vers 2: Elllende wag...OAV Wee die herders van Israel...
Wat is gedoen dat daar ellende wag: Verwaarloos die skape (veral die wat verlore was, siek en beseer, maak self vet ten koste van.
Bv beeld uit Ou Nabye Ooste(ONO): wat die koning nie gedoen het nie,
Aanhaling:
Laat Bronseeu
“You judge not the cause of the widow
Nor adjucate thet case of the wretched
You do not drive out them that prey on the poor
Feed not the fatherless before you
Nor the widow behind your back
God soek hulle nou. Ons kan nie anders as om NT se beeld in kop te hou van herder wat alles gee om een verlore skaap te gaan soek nie. Hy sal hulle tuisbring uit ballingskap en hulle sorg. Dit is nie bloot ‘n metafoor wat in die lug hang nie. Jesus, my herder, ag “sweet” nie, dit het te make met vervreemding/politiek/historiese omstandighede van die dag.
Hy sal hulle voed met "mispat/justice", vers 16 , “Ek sal ‘n regter wees wat reg sal laat geskied” OAV “Ek sal hulle oppas soos dit reg is”
NRSV “I will feed them with justice” OT te make met die “cause of the powerless” op te neem, weduwee, wees en arme
God is ons herder-koning. Hy soek, Hy vind, Hy tel op, troos, versorg, voed, en laat reg geskied.
"Good leadership: seeking the lost, bring back the strayed, binding up the injured, strengthening the weak, feeding the hungry"
In Johannes 10, gaan Jesus met sy bekende “Ek is” metafore nog verder: “ek is die goeie herder”
Jesus bring, assosieer Homself nou met God. Ook in tyd van vervolging het mense dit gehoor. Toe dit gevaarlik was om Christen te wees. Hier hoor ons Jesus sê dat hy ken, het lief en lief genoeg om sy lewe af te lê vir sy skape.
Kyk weer na metafoor:
Eintlik word herder die metafoor wat die tipe heerskappy beskryf. God is herder-koning, herder-regter. Skielik is dit anders op die oor. Ons negatiewe eienskappe van koning en regter, vrees en magsmisbruik temper.
Miskien is dit wat ons soek in ons leiers, wat God vra: omgee en sorg, wysheid en moed.
Maar ek is gevra om te preek omdat dit moedersdag is. Ek moet seker iets daaroor sê. Eers wil ek ietsie sê oor die verhouding tussen ons Godsbeelde en hoe ons die Bybel en God verstaan en ons mensbeeld. Hoe ons verhoudings en eie verwagtinge verstaan.
Ek dink ons het ons in ons kultuur in die voet geskiet met ons rolverdeling en verwagting van geslagte. Ons het as te ware die man gesien as die besluitnemer, die regeerder, die leier, voorsiener. Die vrou as die versorger, opasser, trooster, wat die wonde behandel en op die skoot tel.
Die sleg ding daarmee saam is: Vrouegoed dus mindere goed. Versorging beteken minder. Kyk wat betaal ons hulpe wat help omsien na ons kinders. Wat betaal ons ons onderwysers? Ons versorgingspersoneel?
Ons kan maar wat sê maar dit wat ons as huishoudelik/domestic sien is “less”. Ons noem iemand wat ons help om ons huise te versorg, net ‘n “domestic”, met negatiewe konnotasie. Of nie negatief, eerder minderwaardig.
Twee goed. Ons het regerende en versorgende rolle geskei en dan het ons dit nog geskei op lyn van geslagte. Die nadeel is dat vroue nie altyd tot hulle reg kom nie en mans weg gehou is veral in verlede van hulle emosionele kante, hulle troos en optel en vashou kante. Daar is tot vir hulle gesê hulle mag nie huil. Die enkelouergesinne wat ook in oorvloed is, ook in ons dorp, sê wow!. Lei en verbind, besluite neem en troos het niks met geslagsrolle te make nie.
Kom ons gaan terug na metafore. EK wil sê tweedoelig: eerstens is dit Israel se ervaring van God wat assosiasies skep en metafore skep. Koning was herders in ONO, maar hulle positiewe ervaring en verhale van God se getrouheid en standvastigheid gemaak dat hulle dit uitbrei.
Tweedens is ons altyd uitgenooi om dit te reflekteer wat God is. Ons het ook so gehoor in die wet vanoggend. Wees barmhartig soos ek is. In sin is wie God in Jesus is, die “regte” is. As ons aan God dink as herder is dit die een metafoor wat ons besef ons kan nie eienskappe van “regeer” en versorg nie verdeel tussen rolle nie. Dan moet ons besef dat die goed gaan hand aan hand. Dan is werke/take nie minderwaardig. Die herder lei en neem besluite, maar bring na groen weivelde, gee die kos, en verbind die wonde. Hou die vyande weg, maar tel die lammers op die skoot. Voor ons weer “vrouewerk, versorgende werk minderwaardig maak, onthou dat God die groot versorg/nourisher en trooster is.
Iemnd skryf juis dan dit: Miskien wat ons ervaar in ons lewe van ons ma’s: dat hulle gevare optel, raaksien, bewus is van toestand (honger of hartseer), hulle spot, hulle zoom in. Veiligheid en "well being" is belangrik. En in dit “bold”, braaf en staan op, ter wille van. Ons kan aangaan,
Ons moet ‘n sirkel maak. Miskien is God nie ‘n goeie herder en ma’s die mense wat iets van daai omgee reflekteer nie, miskien is God maar net ons ma.
Die Here is my herder, moet ons oproep om te kyk na styl van mag, na hoe ons omgaan met medemens, hoe ons waarderend self versorgend kan wees. Vir wie was hy die goeie herder?
Die wat bang is, die minstes en die kleinstes. Leierskap in kerk, skool, besigheid, politiek?
Mag ons ook so na die minste en kleinste rondom ons omsien en strewe na politiek en regering waar dit gaan oor die minstes en kleinstes
Beteken ook dat ek daar is vir minstes en nooit ophou versorgend wees nie.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.