Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
1. Kom ons sê dankie vir die land waarin ons woon en dankie vir die vreedsame afloop van die verkiesing. In so baie lande in die wêreld eindig verkiesings in konflik en geweld. Na drie dae se tel en uitslae voel dit of dinge na "normaal" terugkeer. "Normaal" beteken natuurlik nie dat daar nie uitdagings is nie, maar kom ons sê eers dankie!
2. Kom ons bid dat die Gees van Christus meer en meer in SA sal leef en God se Koninkryk steeds meer en meer 'n werklikheid sal word.
3. Kom ons bid dat die Gees van Christus in al die verkose leiers sal werk.
4. Kom ons bid dat ons wysheid sal vind om die uitdagings rakende die volledige herstel van ons land gepas te hanteer.
5. Persoonlik het ek die voorreg gehad om onlangs die jaarlikse Alpha-leierskapkonferensie in Londen by te woon. Dit het my diep laat nadink oor waar ons land tans met evangelisasie staan. Hoe sterk is ons passie daarvoor? Met watter kundigheid leef ons as dit by evangelisasie kom? Wat word in ons kweekskole geleer? In Londen het daar laas jaar 100 000 mens by kerke aangesluit, maar die kerk in die VK verstaan wat dit beteken en wat nodig is om in 'n ten volle gesekulariseerde konteks te leef en kerk te wees. Mag die Here ons oë open vir dit wat hy werklik van ons verwag.
6. Bid asseblief soos altyd vir ons geestelike leiers. Bid dat God hul sal laat groei in toewyding, innerlike vernuwing en energie, en bo alles 'n passie vir hul roeping. Die bediening stel groot uitdagings en predikante is dikwels vasgevang in 'n geestelike stryd waarvan hulleself nie altyd nie omvang besef nie. Bid vir hulle en wees lief vir hulle.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.