In swaarkry

In swaarkry

NG Kerk Gansbaai

Skriflesing: Romeine 5

Teks: “Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry …; want God het Sy liefde in ons harte uitgestort deur Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het”.

OV: “ons roem ook in die verdrukkinge …. omdat …”

 Eng: “And not only so, but we glory in tribulations …; because the love of God is shed abroad in our hearts by the Holy Spirit which is given to us.”

In die Pinkstertyd (ons week van bidure) gaan ons nadink oor die werk van die Heilige Gees in ons lewens.

Ook vanoggend praat ons teks met ons hieroor: die werk van die Heilige Gees in ons lewens.

Vanoggend wil ons uit ons teks die werk van die Heilige Gees in ons lewens uitbring by hierdie vraag: wat bid ons vir mekaar in tye van swaarkry?; waarvoor bid ons vir mekaar in tye van swaarkry?

Die antwoord vanoggend op hierdie vraag: ons bid vir die kragtige werking van die Heilige Gees in ons lewens.

Verfyn die antwoord: ons bid dat die Heilige Gees vir ons (in ons swaarkry) dit sal doen: dat Hy die liefde van God in ons harte sal uitsort.

Brei die verfynde antwoord uit: ons bid dat die Heilige Gees vir ons in ons swaarkry dit sal doen: dat Hy die liefde van God sal uitstort in ons harte sodat ons verseker kan weet … hierdie versekerdheid/waarborg kan hê – dat God vir ons liefhet.

(let op hierdie woord: “uitstort”; bedink die beeld van ‘n groot vol beker wat skink …; nie maar net ‘n teelepeljie nie; nie maar net ‘n oogdruppertjie nie …; maar: oorvloed – tot oorlopens toe vol …).

(hier in ons samekoms vanoggend is daar ook sitplekke gevul met mense wat swaarkry in hulle lewens het …).

Wat bid ons vir mekaar …; waarvoor bid ons vir mekaar in tye van swaarkry?

Ons ken die naam waarmee die Heilige Gees ook aan ons as christengelowiges bekend is: ons Trooster!

‘n Prediker skryf: ‘die Heilige werk op sy beste in ons lewens wanneer die Heilige vir ons vertroos …; en: vir ons vertroos met hierdie versekering: dat God vir my liefhet ..!; vir die christengelowige is dit die kern van ons/my diepste troos: die sekerheid dat God vir my liefhet!; en: die vrug van die Heilige Gees se vertroosting in ons harte, wat hand aan hand loop met die versekerdheid dat God vir my liefhet, is ‘n stuk heilige blydskap … ‘n heilige blydskap te midde van swaarkry”.

Hoe merkwaardig is dit: “Ons verheug ons ook in ons swaarkry …!”

Kom ons sien met ons geestesoog: ‘n broer, ‘n suster in Christus … sy/haar swaarkry … selfs: sy/haar pyn/trane … en tog: hierdie “heilige blydskap” wat ons by hom/ haar ervaar … 

Onuitgesproke, hierdie belydenis van versekerheid: ek weet God het vir my lief!

Swaarkry het dikwels by mense ‘n teenoorgestelde uitwerking: mense is in vertwyfeling oor God se liefde; mense raak selfs verbitterd teenoor God …

‘n Aanhaling: “In beproewing lê daar versoeking: die versoeking van die Bose – die versoeking om aan God te vertwyfel en selfs om vir God beskuldigend te verwyt en aan te kla …”.

Wie van ons ken nie hierdie versoeking nie?

Daarom is hierdie mense sulke wonderlike geloofsgetuies in ons lewens … sulke geestelik inspirerende mense: mense wie se swaarkry nie hulle geloof en vertroue in God ondermyn nie, maar mense wat ook in hulle swaarkry steeds vashou aan God … oortuig/ versekerd van God se liefde vir hulle.

‘n Prediker verwys na ‘n joongman in sy gemeente in sy booskap oor ons teks. ‘n Jongman met die naam Chad. Chad se verhaal: hy is gestremd gebore; in ‘n huis waarin die misbruik van alkohol en dwelms die gesin verskeur het en finansieël in ellende gedompel het. Chad is as sesjarige, in ‘n rolstoel, met boonop ‘n ernstige spraakgebrek, deur die welsynswerkers aan die pleegsorg van ‘n tante toevertrou vir sy versorging.

En hoe Chad in hulle gemeente – met Sy stralende innerlike blydskap die jongmense van die gemeente geїnspireer het.  Chad wat leef vanuit hierdie oortuiging: God het vir my lief!

Wanneer die Heilige Gees God se liefde in ons harte uitstort, is altyd die tye wanneer die Heilige Gees vir ons in ‘n nuwe ontmoeting met Jesus Christus bring.

Altyd kom die werk van die Heilige Gees in ons lewens hierop neer: dat die Heilige Gees vir ons na Jesus Christus toe bring – en vir Jesus Christus aan ons ons voorhou as die groot bewys van God se liefde vir ons.

Vir gelowiges – mense in wie se lewens die Heilige Gees werk – ken dan ook God se liefde vir hulle vanuit hulle kennis van Jesus Christus.

En gelowiges se kennis van Jesus Christus, is ten diepste kennis van ‘n kruis.

Wanneer die Heilige Gees God se liefde in ons harte uitstort, is altyd die tye wanneer die Heilige Gees vir ons by die kruis van Jesus Christus laat staan en vir ons die gekruisige laat aanskou.

Aanhaling (rondom vers 8):“maar God bewys Sy liefde vir ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was: “Wanneer die Bose vir ons aan God se liefde vir ons wil laat vertwyfel, neem die Heilige Gees vir ons na die kruis – en die kruis troef die Bose …”.   

God se Christusliefde vir ons.

God se agape- liefde: liefde vir die grootste sondaar; liefde wat oorloop (overflow) van

barmhartigheid en genade.   

 

Wat bid ons vir mekaar in tye van swaarkry?

 

Om af te sluit:

“Blessed suffering”.

In ons Skrifgedeelte maak ons hiermee kennis: geseënde swaarkry.

Dit is iets waarvan gelowiges weet – in hulle verbondenheid aan Jesus Christus: geseënde swaarkry; geseënde lyding; geseënde beproewing.

Dit is swaarkry – omvou deur die liefde van God – wat heiligend werk.

Swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop …    

Egtheid van geloof – OV: “ beproefdheid” – het as grondbetekenis uit die Griekse woord: karakter.

En hoe waar is dit nie? hoe het swaarkry al in gelowiges se lewens só gewerk –

dat hulle daardeur net ten goede verander is: as christenmens in karakter - sterker, dieper …

Die beeld agter die woord: soos goud in ‘n smeltkroes gesuiwer word. 

Van goud tot suiwer goud.

 Soos silwer in die vlam gesuiwer word: van silwer tot sterling silwer.

                                     

In swaarkry

Dr Bobo van Zyl

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai