Die uitverkorenes

Die uitverkorenes

NG Kerk Gansbaai

Skriflesing: Romeine 8

Teks -  verse 28, 29, 30: 33

“die wat volgens Sy besluit geroep is …; die wat Hy lank tevore uitverkies het …; die wat Hy daartoe bestem het …”; “die uitverkorenes van God”

OV: “die wat na Sy voorneme geroep is”; “die wat Hy vantevore geken het en verordineer het”; “die wat Hy van tevore verordineer het”; “die uitverkorenes van God”.

LB: “God het ons geroep omdat Hy vooraf so besluit het; God het ons vooraf  uitgesoek en besluit …; God het ons vir homself uitgekies …”

Engels: “God’s elect”

Geliefde gemeente, iemand sê tereg dat ‘n goeie saak daarvoor uitgemaak kan word dat die Romeine boek die grootste boek in die Bybel is.

Hy sê ook tereg dat hoofstuk 8 die grootste hoofstuk in die Romeine boek is.

Dus, sê hy, kan ons sê dat Romeine 8 die grootste hoofstuk in die Bybel is.

Ek wil byvoeg: die hart van Rom. 8 – is hierdie grootse gedagte aan “die uitverkorenes van God” … mense na wie verwys word as “die uitverkorenes van God” … hierdie versameling van mense: “die uitverkorenes van God”.  (Engels: “God’s elect”).

Die vraag vir vandag –

wie is hulle?

Wie presies, is hulle?

Ja, wie is hulle - en waarom is hulle dit?

Aan watter vereistes, voorwaardes, kwalifikasies voldoen hulle (om die uitverkorenes van God te wees?);

En: Let wel: is dit ook vir my moontlik  – hierdie my; ek, by my naam - om my as deel van hierdie uitverkorenes te reken … as deel van hulle te kan sien … oor myself te dink as deel van hulle … ?

(my ervaring: hierdie in menige hart lê … )

Dit is die NB(let wel) vraag – want : Rom. 8 - die grootste hoofstuk in die Bybel – maak wonderlike beloftes … grootse beloftes … aan die uitverkorenes.

Kan/ mag ek hierdie beloftes ook vir my toe eien?;

mag ek ook my naam daarby inskryf?;

my lewe vanuit hierdie beloftes leef?.

Voordat ons weer terugkom na hierdie vraag …

Die groot belofte van Romeine 8,  die groot belofte aan  “die uitverkorenes”, is dat hulle    hulle in alles (selfs) meer as oorwinnaars is (vers 37).  

(Eng: “nay, in all these things we are more than conquerors”).

Hierdie “in alles” (“all these things”) dui op “die uitverkorenes” se lewensomstandighede:

Omstandighede van lyding … sufferings - moeilike, swaar, veeleisende, pynlike  lewensomstandighede;

“die uitverkorenes” se lewensomstandighede waarin hulle deur ‘n veelvoud van erge gevare, gevare verwoestend in potensiaal -  bedreig word,

“die uitverkorenes” se lewensomstandighede  wat hulle kommer, vrese en angste laat ervaar. (beeld van “slagskape “ … “sheep for slaughter”).

Ja, in “dit alles”, belowe Rom. 8, dat die uitverkorenes (selfs) meer as oorwinaars is.

(Die kruiskant van hierdie groot belofte – vers 31: “God is vir ons”; God is vir/ pro die uitverkorenes is; LB: God het ons aan Sy kant gesit; Eng: “God is on our side”).

En rondom hierdie groot belofte, word die volgende beloftes gegee; aan hierdie groot belofte anker/ haak die volgende beloftes:  

Die beloftes:

*Waar die uitverkorenes ly – is God medelydend daar; God sorg, God voorsien;  

*Waar die uitverkorenes ly –  gee God sin en betekenis (“purpose”) aan daardie lyding; maak God dit goed; maak God dit tot seën en heil; (God voer Sy wil vir die uitverkorenes deur – hulle sware, moeilike lewensomstandighede kan dit nie verhoed nie, maar word deur God diensbaar gemaak aan Sy wil);

*Uitverkorenes is erfgename van ‘n heerlikheid wat op hulle wag (wanneer hulle hier klaarmaak met die lewe).

Ja, die uitverkorenes is in alles meer as oorwinaars! (God is vir ons)

Die uitverkorenes is in alles meer as oorwinaars! (God is vir ons)

Die uitverkorenes is in alles meer as oorwinaars! (God is vir ons!)

Terug na die vraag vir vanoggend

hierdie uitverkorenes van Rom 8 –  

Vra: Wie presies is hulle?

Vra: Wie word by hierdie versameling ingesluit?

Vra: wie kwalifiseer?

En belangrik:

Mag ek ook aan myself dink, myself sien, myself eien as ‘n uitverkorene?

Mag ek ook aan myself dink as ingesluit/ ingeslote in hierdie versameling?

Mag ek ook vir my hierdie naam/ identiteit opneem?

 

Ons teks net weer:

“die wat volgens Sy besluit geroep is …; die wat Hy lank tevore geken en uitverkies het; die wat Hy daartoe bestem het …”; “die uitverkorenes van God”;

OV: die wat na Sy voorneme geroep is”; die wat Hy vantevore geken en verordineer het”; “die uitverkorenes van God”

LB: God het ons geroep omdat Hy vooraf so besluit het; God het ons vooraf uitgesoek en besluit …: God het ons vir Homself uitgekies …” 

 

Afsluiting: die evangelie (blye tyding!)  in die Romeineboek word genoem die “boodskap van die kruis” .

En hierdie evangelie word verkondig vanuit hierdie perspektief: 

Dat God in die Raadsale van die hemel hierdie besluit geneem het …

‘n besluit gedryf deur God se nogtansliefde vir die mens …

Die besluit: om vir sondaars ‘n Christus te voorsien …

‘n Christus om hulle te red in hulle verhouding met God …

(LW; sondaars wat op grond van die eise van God se Wet/ God se geregtigheid verdien om verdoem te word)

En: die besluit het hierdie plan beraam en uitgevoer: God se Seun sou in die wêreld kom as die Christus van sondaars …

En God se Seun sou Sy Christustaak volbring deur aan ‘n kruis te sterwe …

Die crux: die Romeineboek se evangelie (blye tyding!);

die Romeineboek se boodskap van die kruis …

die Romeineboek se boodskap van God se gekruisigde Seun as die Christus van sondaars…

die crux: 

Christus red sondaars en kom staan met sondaars in Sy arms voor God … en Hy kom staan met hulle voor God as die (versameling) uitverkorenes van God …

Vir vanoggend:

Een voorwaarde om as ‘n uitverkorene van God te kwalifiseer:

Ek kwalifiseer: een voorwaarde: ek is ‘n sondaar ….

Ek weet dat God ‘n verdoemende klagstaat …

Al die gebooie van God …

Ek vertrou op op die getuienis van die Heilige Gees … op die beloftes van die evangelieWoord …

Ek vertou op Christus -

Christus van sondaars …

Christus kan net sondaars red …

In Sy arms is daar plek - vir sondaars alleen …

 

                               

 

Die uitverkorenes

Dr Bobo van Zyl

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklikes

Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...

Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer. 

NG Kerk Gansbaai
BADISA (Maatskaplike Dienste)

BADISA (Maatskaplike Dienste)

Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.

NG Kerk Gansbaai
11 Junie 2022: Familie Stap

11 Junie 2022: Familie Stap

Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!

NG Kerk Gansbaai
Bulletin: Orrel

Bulletin: Orrel

Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.

NG Kerk Gansbaai
28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

28 + 29 Mei 2022: Bbos Basaar en Feesnaweek

Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.

NG Kerk Gansbaai
Baardskeerdersbos Eeufees

Baardskeerdersbos Eeufees

Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.

NG Kerk Gansbaai