Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Skriflesing: Romeine 7, 8
Teks: vers 28: “ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, vir die wat volgens Sy besluit geroep is”.
Vers 34: “wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het vir ons gesterf … Hy pleit vir ons”
Ek sluit vanoggend aan by ‘n prediker wat ‘n boodskap bring waarin hy verwys na (in Engels): “the gospel of ultimate grace”
Ek plaas dit as die opskrif bokant die boodskap vanoggend: “the gospel of ultimate grace” – hoe vertaal ons dit in Afrikaans?
“The gospel” – dit is” die evangelie” (sê: die blye tyding);
“ Grace – dit is “genade”;
Maar hierdie “ultimate” by die “grace”?
Kan ons praat van “uiterste” – uiterste genade?
Kan ons praat van “onoortreflike” – “onoortreflike genade”?
Dink ons in trappe van vergelyking – soos: groot, nog groter, grootste, dan wil “ultimate” uitdrukking gee aan die onoortreffende trap … groter genade as dit, as hierdie genade, bestaan nie; groter genade as dit, as hierdie genade, is ondenkbaar …
“die evangelie van van uiterste, onoortreffende genade”.
En onder hierdie opskrif wil ek vanoggend die boodskap bring wat in ‘n neutedop so opgesom kan word:
As christengelowiges het ons hierdie evangelie in ons lewe: hierdie evangelie wat die belofte dra dat God nie net al ons sondes om Christus ontwil vergewe het nie, maar dat God om Christus ontwil nog iets meers met ons sonde doen: as God laat Hy ook ons sondes – alles – vir ons ten goede meewerk.
Luister weer – want, ek weet dit is ‘n verstommende gedagte … ‘n gedagte van uiterstes …: (ek pak dit effe uit) - as christengelowiges het ons hierdie evangelie in ons lewe wat hierdie belofte dra:
een: dat God om Christus ontwil al ons sondes vergewe het (hoor: al ons sondes);
al die sondes van ons hele lewe; al die sondes van al die dae ons hele lewe – van die wieg tot die graf – die totaalsom van al ons sondes;
om Christus ontwil het God ons volledig, totaal, absoluut vergewe …
sodat daar geen enkele sonde is oor die verloop van ons hele lewe wat nie vergewe is nie … geen enkele sonde wat buite die vergifnis val nie; nie ingesluit is nie;
100% vergifnis; nie net 90% … 95 %... of 99,9 % nie …
sê: die volle, totale rekening van my sondeskuld wat afgeskryf is; uitgewis is …
Twee: maar om Christus ontwil, doen God nog iets meer met ons sondes:
As God laat Hy ook ons sondes – alles – vir ons ten goede meewerk.
Die evangelie van uiterste, onoortreffende genade (genade in die oortreffende trap).
(ek praat vir myself: om hierdie evangelie, hierdie evangeliebelofte, te kan glo … dit vra groot geloof … groot geloof …; maar ook: in die oomblikke van my lewe waarin ek in staat is om dit te kan glo, oor daardie groot geloof beskik om dit kan glo, besef ek: dat daar inderdaad geen groter troos vir ‘n sondaarmens in die hele wêreld is as hierdie evangelie, as hierdie evangeliebelofte nie …).
(lees weer ons tekste vir vanoggend …)
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet; vir die wat na Sy besluit geroep is”
Hy (Christus) pleit vir ons …
Ek wil hierdie gedagte uitlig en beklemtoon: dat God “alles” ten goede laat meewerk, alles “ten goede laat meewerk” vir ons as christen gelowiges … hoe kan ons dit verduidelik?
‘n Klompie Sondae gelede het ons ook oor hierdie gedagte nagedink.
(Diep-diep teologie)
Toe het ons met mekaar gepraat oor ons lyding (suffering) in hierdie lewe; ons het teruggekyk oor ons lewenspad (lewens paaie): ons het onthou, ons het dit herbesoek in herinnering: die beproewinge wat die lewe al oor ons gebring het bring; die oor ons pyn, oor ons smart; oor tye van swaarkry in ons lewe … siekte, dood, armoede, teenspoed, verlies, rou, angs, kommer, vrees …
Toe het ons mekaar met hierdie gedagte vertroos – en aangemoedig: dat God ons lyding (suffering) vir ons ten goede laat meewerk …
En toe het ons hierdie beeld/ gelykenis gebruik om te probeer verduidelik: die beeld van ‘n matwewer … by die weefstoel …
Eendag sal ons die voltooide mat sien …
God weef ons lyding so in in die mat van ons lewe, dat dit tot seën/ heil word …
Kerkvaders: lyding “dien” tot my saligheid en ons heiligmaking …
Diensbaar gemaak … ; funksie gegee …
Vanoggend vra ek - kyk terug op jou lewenspad … roep in herinnering die sondes van jou lewe …
Bedink ook dit – die sondes op jou pad – binne hierdie verduidelikende gelykenis …
Eendag sal ons die voltooide mat sien …
Om Christus ontwil het God nie net AL ons sondes vergewe nie, maar inderdaad ook ons sondes – ALLES! – vir ons ten goede laat meewerk … (inderdaad: ook daardie sondes wat vanoggend in die terugkyk oor jou pad by jou opgeroep is …)
Gedagtes om mee huis toe te gaan:
Een: Sonde is sonde is sonde …; sonde bring onheil; sonde is boos …
Ons as christengelowiges ken die boosheid van sonde in ons kennis van die gekruisigde Jesus …
Ons weet: dat sonde seermaak; stukkend maak; breek; skaad; skend; verwond …
Iemand praat van : sonde as die “die geweld van liefdeloosheid; onbarmhartigheid; selfsug …”;
Ons ken die gesigte van sonde: gierigheid; wellus; hebsug; selfgesentreedheid; dwaasheid; ydelheid; vyandskap; twis …
Ja,
Dit is waarom ons christenharte harte so ontroer word deur die evangelie van God se vergifnis van ons sondes;
Waarom ons harte so ontroer word deur die evangelie van die gekruisigde Jesus se kosbare bloed …
Waarom die kruisboodskap van die evangelie ons so diep tref: die boodskap dat Jesus ons sondes op Hom geneem het en ons straf daarvoor gedra het …
Twee: iemand: daardie “groot sonde” wat daar in almal van ons se lewens lê: daardie sonde waaraan ek êrens op my lewenspad aandadig was …
daardie groot fout wat ek gemaak het; daardie groot verkeerde besluit wat ek geneem het; daardie groot ververkeerde ding wat ek gedoen het …
daardie groot sonde wat in ‘n gewete kan lê as ‘n stuk selfverdoemenis (selfcondemnation). Daardie sonde wat so vloek teen die gebod van liefde vir God en naaste.
Daardie sonde wat Satan as argument kan en wil gebruik om ‘n mens te oortuig: dat selfs Christus kan jou nie red nie … die onvergeeflike sonde …
Drie: wanneer christengelowiges die sondes van hulle lewe bedink:
Is daar altyd berou …
Maar dit is juis hierdie berou wat die beginsel van heiligmaking in die christengelowige se lewe is: dit is berou wat my na die arms van van Christus dryf!
Dit berou wat gepaardgaan met insig in die boosheid van sonde;
Dit is berou wat die christen ook sonde laat haat;
Dit berou wat gepaard gaan met ‘n verlange/ begeerte/ gebed om reg te maak waar ek verkeerd gedoen het; so ver as moontlik … na die beste van vermoë …
om goed te maak waar ek kwaad gedoen het;
so ver as moontlik reg te maak en reg te maak ……
om die wonde wat ek veroorsaak het, te help salf;
om te help heelmaak wat ek gebreek het;
om die trane wat ek veroorsaak het, te help afdroog;
om vrede te dra na die vyandskap wat ek veroorsaak het;
om versoening te bring na die vervreemding wat ek veroorsaak het; (MAAR! – pto)
Maar: die berou in ‘n christen se lewe is nooit/ nimmer wanhoop nie …!
My berou word omhels met ‘n evangelie van “ultimate grace” …
Uiterste genade ; onoortreflike genade;
In die oortreffende trap …
Genade vir my – om Christus ontwil !
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.