Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Ons gemeentevroue het nog altyd ‘n baie belangrike rol in ons gemeente en gemeenskap gespeel.
Reeds in 1922 het die “susters van die gemeente” die gordyne vir die eerste kerkie (by die skool) geskenk. Hulle het die fondse ingesamel deur straatverkopings en verkopings op oom Willie Swart se winkelstoep (die gebou regoor die skool).
Die vrouediens was eers bekend as die vrouesendingbond. In 1982 is die Gansbaai-tak onder leiding van mev. (ds.) Pretorius gestig.
Ons vrouens is die versorgers van gesinne en die ware opvoeders van ons kinders. Die vrou se kreatiwiteit en sensitiwiteit is die groot dryfveer agter die morele opbou en instandhouding van gemeenskappe. Vroue is nie net praters nie, maar vroue is by uitstek ook doeners. Dit is eie aan die vrou se aard om graag by dinge en mense betrokke te wees . . . mooi te maak en reg te maak. Vroue met omgee-harte en -hande. Blaai ons deur ou notuleboeke, ou gemeente-blaaie en luister ons na onthou-verhale, dan is dít wat ons gemeentevroue is!
Ons gemeente het ‘n unieke vroueprofiel. Party vroue het hier by die water grootgeword. Ander het eers later hier utgespoel om te kom rus. Baie vroue “skulp” iewers tussen die rotse. Daar is dië wat rou, ander sukkel om kop bo die storms te hou. SÏŒ baie vroue. . . alleenvroue, siekes, ouer en jonger vroue. Dan is daar diégene wat die genade hul eie gemaak het, wat nie anders kan om daarvan uit te deel nie, besige vroue, meededeelsame vroue. Ons vroue van vandag wil ons verlustig in die Here en saam loof en lewe. Laat ons dan hier in Gansbaai die “Hawe van God se genade” - vroue wees wat in die voetspore van ons voorgeslag-vroue volg. Vroue wat van nuuts af lig bring. Vuurtoring-vroue.
Alle vrouelidmate is outomaties lede van die Vrouediens, want dit is nie ‘n gewone klub nie. Dis ’n versamelpunt vir al die gemeentevroue om betrokke te wees en hul belangrike rol as vrou te speel, veral binne die gemeente, die bedieninge, omgeegroepe/wyke, vriendekringe en gesinne. So kan hulle saam met ander christenvroue dinge ondek, werk en ontspan. Gansbaai is deel van die Caledon-ring en val onder die Wes- en- Suid-Kaapse sinodale kantoor.
Die vrouediens-kommissielede word jaarliks per nominasie tydens ‘n algemene vergadering verkies en word saamgestel uit streekleidsters (De Kelders tot B’Bos) en bedieningsverteenwoordigers (Jeug, Diens van Barmhartigheid en Uitreik) en vorm die bestuur van die vrouediens. Ons is betrokke by Kenmekaar- aande, Wêreldbiddag vir vroue, afsluitingsfunksies, Vrydag-woekermark, ete vir Silwerjare, tee en Pinkstermaal in Pinkstertyd. Projekte waarby die vrouens betrokke is, is die Okkie-Smuts koshuis, (talle van Gansbaai se kinders is al vanaf 1921 in hierdie koshuis geplaas), Huis E van Robertson-kinderhuis, Gansbaai Maatskaplike Dienste, Opvoedingsfonds, brei en maak van warm toppies vir Transkei en Makhathini, brei van poppies vir Straatwerk-uitreike en vele meer.
Die foto’s nooi u: Kom geniet saam die herinneringe van sommige van die vorige jare se funksies. (kyk foto galery)
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.