Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Beginjare: Mev. J. Barnard het van 1934 tot 1944 onder die bruinmense van Gansbaai sendingwerk gedoen.
In 1946 is ‘n sending-gemeente deur eerwaarde Venter gestig. Alhoewel daar voor 1946, vanaf Napier sendingwerk gedoen is, word 1946 gesien as die jaar wat die Vlam van God in hierdie gemeente aangesteek is . Die eerste kerkie was ‘n opslaantipe. Die behoefte aan ‘n eie kerk was vir baie lidmate ‘n lewensideaal.
Kerk en gemeente: Die hoeksteenlegging van die nuwe sendingkerk (huidige kerk) in Blompark, het op Sondag 13 Mei 1973 met die geskal van ‘n blaasorkes van Elim plaasgevind. Die hoek-steenlegging is deur die 84-jarige Annie Fourie waargeneem. Sy het R12 000 vir die oprigting van die kerk geskenk. Dit was ‘n hartroerende geleentheid waartydens ds. E.C. Nel, sendingleraar, die verrigtinge waargeneem het. Mnre. Bokkie Botes en C.P. Brand het ‘n groot aandeel aan die opbou van die sending-gemeente gehad. Evangelis Jacobus Julies was aangestel en bevestig as die eerste evangelis om die gemeente en die buitewyke te bedien. Na sy afsterwe is ds Dennis Naidoo op 12 November 2006 as leraar bevestig. Hy bedien die gemeente tot in 2009. Tans bestaan die VG gemeete uit die wyke Gansbaai, Stanford en Pearly Beach. Plaaswyke is ook hierby ingesluit.
Samewerking: Die NGK en VGK van Gansbaai was van die eerste gemeentes wat positief gereageer het op die onderskeie sinode-besluite i.v.m. vereniging van die familie van NG Kerke. Samesprekings oor moontlike vereniging aan die hand van dié besluite is deur leiers van die twee gemeentes onder leiding van ds. Willie Kotze en wyle evangelis Jacobus Julies gevoer.
Aan die begin van 2003 het die gespreksgenote gevoel dat die tyd ryp geword het om ’n Verklaring van Voorneme tot Gemeentevereniging op te stel en aan die kerkrade voorgelê. Die NG en die VG kerkraad het dit in Mei 2003 aanvaar. Elke kerkraad het verteenwoordigers benoem met die opdrag om die proses van eenwording te ontwerp en bestuur en gereeld aan elke kerkraad verslag te doen. Eerstens het beide kerkrade in Maart 2004 op aanbeveling besluit dat die VG gemeente as 7de streek van die NG gemeente verklaar word en in die NG kerkraad verteenwoordig word. Die tweede wat hieruit voortgevloei het, is die samewerkingsooreenkoms vir eenheids-funksionering van die twee gemeentes wat deur beide kerkrade aanvaar is op 18/2/2007 en by geleentheid van die gesamentlike nagmaaldiens onderteken is.
Gesamentlike eredienste, nagmaalviering, sowel as kanselruiling, samewerking op diensterreine en kerkraadsitting het intussen al ‘n instelling geword. Die proses gaan steeds voort en die GAKK, (Gesamentlike aksie Kommissie) is voortdurend besig om die situasie te moniteer en aanbevelings aan die kerkrade te maak. Bo alles word geglo dat die Here wat ons eenheid wil, (Joh. 17) dit ook sal bewerkstellig.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.