Sondag 25 Junie 2022: Biddag: Middelafhanklik...
Middelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Redaksioneel
Die samestelling en die uitlê van al die inligting en foto’s vir hierdie feesuitgawe van Seestrome was byna te groot en oorweldigend!
Om die onthou-verhale en artikels van 70 jaar van gemeente-wees in die paar bladsye te kon weergee, was nie maklik nie, want op elke diensterrein is daar soveel wat aangeteken kon word. Net uit gemeentelede 70 jaar en ouer se verhale kan boeke vol geskryf word! Die “goue draad” wat ons in dié uitgawe wil uitlig is:
♦ Die feestema “Christus is vandag, gister en môre dieselfde - tot in ewigheid” is só waar, want God is in die stories en geskiedenis teenwoordig.
♦ Hierdie gemeente se lidmate en kerkraad was en is aktiewe medewerkers vir God se koninkryk: Van voorgeslagte wat diep spore getrap het en lidmate en kinders wat tot vandag God loof en aanbid en omgee vir mekaar.
Nota: Waar inligting dalk foutief deurgegee is of waar u sou voel belangrike inligting is nie hier deurgegee nie . . . vra ons om verskoning, maar sal dit waardeer indien u wel die inligting vir ons skriftelik sal deurgee.
* Om te onthou . . . Die Afrikaanse liedjie- skrywer en -sanger, Koos du Plessis, dink in Molberg - Herinneringe aan Springs, terug aan sy kinderdae tussen die mynhope van Springs. Die laaste strofes van die lied lui soos volg: Daar was ’n huis met ’n kombuis en greinhouttafel; en ses mense het gedeel in lief en leed. En mettertyd het alles uitgerafel, maar wat die leed was, het ek jare terug vergeet. Maar ek onthou en delf nog goud uit die verlede, uit die newelige berge van die mol; en droom en bou, al vreet die vrees my vrede, en al is my wêreld halfpad hol. Want die wêreld is maar halfpad hol. En ek onthou.
Om te onthou is sekerlik nie altyd maklik of lekker nie. Veral as die herinneringe gelaai is met hartseer en pyn. Maar dit is tog interessant dat, as mense praat oor die tye wat verby is, daar selde oor die swaarkry gepraat word.
Hierdie Seestrome-uitgawe is vir ons die geleentheid om te onthou en om die goue draad van God se Genade vir hierdie gemeente en Gansbaai se mense te ontdek in al die verhale, aanhalings en geskiedenis. In die wêreld van vandag waar ons almal moet droom en bou, waar ons ’n bestaan en ‘n lewe moet uitkap en soek na sin, raak die onthou baie belangrik. Want as daar één ding is wat ons moet onthou, is dit dat God ons nie vergeet nie. Al vergeet ons die leed en die meeste van die liefde wat ons ontvang het, watter groter geskenk is daar in die lewe as om voortdurend te onthou: God dink aan my! Hy onthou my!
* Seestrome-gemeenteblad word deur die NG kerkraad van Gansbaai uitgegee. Dit is ons geloofstories en onthou
-stories, ‘n geselsbrief van en oor ons groot familie in Christus. Die Seestrome-diens-groep (redaksie) is vrywillige lidmate wat in samewerking met die leraars die inhoud en die uitleg van Seestrome afhandel, waarna die eksemplare deur Gansbaai Media gedruk word.
* Aan die leraars en almal wat bydraes gemaak het en gehelp het met die samestelling van hierdie uitgawe, baie dankie vir jul bydraes, inisiatiewe en harde werk.
* U kan navrae skriftelik rig aan: Die Redaksie, Seestrome, NG Kerk, Posbus 1, Gansbaai. Briewe kan gepos of by die kerkkantoor ingehandig word.
* Bronne: Gedenkboek NG Gemeente, Gansbaai, 1944-1994 (Fourie J. en Fourie S.D.). Biografie van Jan Barnard 1884-1971 (deur Barnard, H.D.). Ook uit verskeie Seestrome-uitgawes van die afgelope tien jaar. - Redaksie.
Ons bid u ’n Geseënde Kersfees en Voorspoedige Nuwejaar toe! - Redaksie.
Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreMiddelafhanklikheid is ‘n té algemene verskynsel in ons samelewing, ‘n groot bron van kommer.
Badisa se werksgebied strek oor Hermanus (Swartdamweg tot Voëlklip), Stanford en Gansbaai tot by Uilkraalsmond en La Mont Wyne op BBospad.
Gryp jou stapskoene en kom stap lekker saam vanaf Gansbaai Karavaanpark na Stanfordsbaai!
Soos ons almal al agtergekom het, is ons kerk stil sonder die pragtige klanke van ons orrel, soos ons ook weet, is die orrel sinoniem met ons kerk.
Kom geniet saam die lekker boere atmosfeer en musiek.
Die NG Kerkgebou te Baardskeerdersbos, deel van die NG Gemeente Gansbaai, betree hierdie jaar haar honderdste bestaansjaar.